kategorieë: Skoonheid

Die kuif kraai koning

Die groot nuus van die week is dat die hertogin van Cambridge, Catherine, ’n kuif geknip het. Dit is nou weliswaar nie die mooiste foto nie, maar hier is hoe sy nou lyk (foto links).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het onlangs besluit om weer ’n kuif te knip (nadat ek vir so twee jaar nie ’n kuif gehad het nie), en ek voel dadelik jonger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voor (Onthou: die pienkerige grys kleur is van Wella se Instamatic-kleure wat ná so drie weke uitwas)
Na: Dankie aan Stylebar vir my kuif!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bekende kuiwe

Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Carly Rae Jepsen: Die soliede kuif

Dié Kanadese sangerers, Carly Rae Jepsen, is bekend vir haar taamlike soliede kuif. As jy ’n meer “edgy” voorkoms wil hê, is hierdie ’n goeie keuse. Vermy hierdie tipe kuif as jy ’n ronde gesig het. Dis ’n goeie keuse as jy ’n lang gesigvorm het.

Tyra Banks: Swaar, lang kuif

Tyra het ook ’n taamlike swaar en langer kuif. Die effense deurmekaar gevoel van haar kuif pas by haar hare wat golf. Ook ’n goeie keuse vir langer gesigvorms en vir diegene wie se hare nie van nature reguit is nie.

Emma Stone: Kant kuif

Ons is gaande oor Emma Stone se kuif. Dis ’n goeie keuse vir jou as jy ’n hartvormige of meer vierkantige tipe gesigvorm het .

Zooey Deschanel: Die veelsydige kuif

As daar nou een iemand is op wie ons ’n kuif “crush” het is dit Zooey. Haar kuif lyk altyd goed. Dit is ook taamlik swaar, maar lyk net so goed as dit effens kant toe gekam is.

Wil jy ’n kuif knip?

Lees eers die wenke van die Stylebar-span

1. Kry ’n foto van ’n kuif waarvan jy hou en kyk weer ná vyf dae daarna en besluit dan of jy nogsteeds daarvan hou. ’n Kuif kan weer uitgroei, maar dit neem tyd. Jy moet daarom seker wees.

2. As jy ’n kuif op nat hare knip, knip dit eerder te lank as te kort want soos dit droog word, wip dit op en lyk dit nog korter.

3. Jy moet jou gesigvorm in ag neem as jy ’n kuif wil knip (’n kuif werk byvoorbeeld nie goed as jy ’n baie klein voorkop het nie). Vra jou stilis se raad.

4. Maak seker jy het ekstra tyd in die oggend om jou kuif behoorlik te stileer.

5. As jou hare krul, kies eerder ’n lang kuif, wat jy agter jou ore kan indruk as dit nie wil saamwerk nie, of as jy nie tyd het om dit te stileer nie.

6. Moet nie self ’n kuif knip nie!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.