Om seker te maak dat kinders daagliks die korrekte voedingstowwe inneem om gesonde groei, ontwikkeling en ‘n aktiewe lewenstyl te ondersteun, is dikwels ‘n bron van kommer vir ouers. Die verantwoordelikheid is selfs groter wanneer kinders ernstig aan sport deelneem. Sportdeelname en die oefening wat daarmee gepaard gaan, verhoog verder die intensiteit en frekwensie van wat die liggaam benodig. Of jou kind sopas met skoolsport begin het, of belofte as ’n toekomstige ster toon, dit is uiters belangrik vir sy of haar prestasie, herstel en algemene gesondheid om die wetenskap van sportvoeding te verstaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Geregistreerde dieetkundige Rosey Lombard sê: “’n Gebalanseerde dieet is die grondslag van sportvoeding. Vir kinders wat gereeld aan sport deelneem, is daar egter verskeie belangrike bykomende aspekte. Dit sluit in gefokusde voeding wat prestasie tydens oefening en kompetisies ondersteun, asook ná sportdeelname herstel en langtermyngesondheid verseker.”
Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Goed gebalanseerde dieet vir aktiewe kinders sluit die volgende in:
“Suiwelprodukte speel ’n belangrike rol in die dieet van jong atlete,” sê Maretha Vermaak, geregistreerde dieetkundige by Rediscover Dairy. “Dit verskaf hoëgehalte proteïen, wat deurslaggewend is vir die verbetering van sportprestasie en om herstel ná oefening aan te help.
“Navorsing toon dat so min as 500 ml melk of gegeurde melk ná hoë-intensiteit oefening, al die regte bestanddele bevat om spiere te help herstel en te bou, wat gedurende oefening afgebreek is. Deur ’n drankie wat so voedsaam soos melk is binne ’n uur ná ’n oefensessie in te neem, help jou liggaam om energievlakke te handhaaf en beperk die afbreek van spierweefsel. Dit maak dit vir die kind moontlik om die volgende dag weer net so hard te oefen. Behalwe vir proteïen, verskaf suiwel ook koolhidrate vir energie; kalium, natrium en magnesium om elektroliete te vervang wat deur sweet verlore gaan, en vloeistof om dehidrasie te voorkom. Melk en melk produkte is besonders ryk aan kalsium, ’n mineraal wat belangrik is om sterk bene te bou en om spierfunksie te ondersteun en te handhaaf.”
Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders
Hier is voorbeelde van ideale tussen-in happies vir ná oefening:
Elke kind is anders, en sy of haar voedingsbehoeftes verskil na gelang van faktore soos ouderdom, intensiteit van aktiwiteit en persoonlike voorkeure. Ouers moet seker maak dat die kind se inname voldoende energie (kilojoules) bevat om aan hulle daaglikse behoeftes vir algemene funksionering, groei, sportprestasie en herstel te kan voorsien. “Een manier om seker te maak dat jou kind genoeg energie inneem, is om gesonde vette by maaltye en versnaperinge te voeg” sê Rosey. “Dit kan byvoorbeeld wees om grondboontjiebotter by ’n ‘smoothie’ of avokado by ’n kaastoebroodjie te voeg, of ’n handvol neute in sy of haar kosblik te sit” gee sy raad. Vette bevat meer as dubbel die energie per gram in vergelyking met koolhidrate of proteïene; dit is dus ’n gekonsentreerde bron van energie”
Volhoubare energie en hidrasie voor oefening – Dit is uiters belangrik dat jou kind voldoende energie voor oefening inneem deur middel van ’n koolhidraatgebaseerde versnapering. Dit kan ’n vinnige ‘smoothie’ wees, of joghurt met vrugte, graanvlokkies met melk of roosterbrood met grondboontjiebotter en konfyt. Hidrasie is net so belangrik – moedig jou kind aan om deur die loop van die dag water of melk te drink om optimale hidrasievlakke te handhaaf.
Herstel ná oefening – Die doel ná oefening is om die energie wat verbruik is te vervang en om spierweefselse herstel te ondersteun. Dit is ideaal om binne die eerste uur ná oefening ’n koolhidraat- en proteïenryke versnapering soos gegeurde melk, jogurt met vrugte of ’n toebroodjie met kaas en heuning in te neem. As jou kind nie lus is vir eet nie, kan ’n ‘smoothie’ of melkskommel ’n goeie alternatief wees om die herstelproses ’n hupstoot te gee.
Rosey sluit af: “Sportvoeding vir kinders behoort nie ingewikkeld te wees vir ouers nie, veral nie as jy reeds ’n sterk grondslag van gebalanseerde daaglikse maaltye het nie. Dan is dit net ’n kwessie van om daarop te let om voor sportdeelname aan hul energiebehoeftes te voldoen en om ná sport op proteïenryke versnaperinge vir herstel te konsentreer. Ouers het ’n groot verskeidenheid keuses oor hoe om aan die voedingsbehoeftes van hulle ontluikende atlete te voldoen, en gelukkig is baie melk en suiwelprodukte onder kinders se gunstelingkos.”
Besoek https://www.rediscoverdairy.co.za/sport-nutrition/ vir meer inligting oor die voordele van suiwel en sportvoeding vir kinders.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.