kategorieë: Blogs

Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie

Voordat enige fase van kankerbehandeling begin, is daar inligtingsessies. Die personeel gesels met jou oor alles wat moontlik kan skeefloop tydens die behandeling, of oor newe-effekte wat mens kan verwag tydens die behandelingsfase. Mens is voorbereid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Niemand dink egter daaraan om jou te vertel van die klein jakkalsies tydens post-behandeling nie. Die goetertjies wat onverwags kop uitsteek en alles in hulle vermoë doen om jou lewe ongemaklik te maak. Hierdie dinge is nie lewensbedreigend nie, maar vir mense wat met groot vreugde uitgesien het na daardie laaste dag van chemo en die daaropvolgende herstel, lyk die klein jakkalsies na reusagtige T-Rexongediertes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy sukkel om aan die slaap te raak vanweë rustelose bene-sindroom en daardie einste rustelose bene maak ook dat jy elke kort-kort wakker word. Van REM-slaap is daar geen sprake nie. Jy word moeg wakker en jou neus en oë water onophoudelik. Wanneer jy opstaan, pyn jou spiere so dat jy soos ’n oumens badkamer se kant toe skuifel, oorbewus van die beskadigde senuwees in jou voete. Ja, mens se voete voel omtrent so klein, petite en vroulik soos ’n volgroeide olifantbul s’n. Een wat elke dag ’n oordosis groeihormone inneem. Behalwe die uitputting wat jou deur die dag vergesel, is daar die gebrek aan konsentrasie en verswakte geheue wat maak dat jy in die middel van ’n sin vergeet watter onderwerp onder bespreking was. Ek is seker mense glo dit nie (ek het aanvanklik nie), maar daar bestaan regtig iets soos ‘chemo-induced cognitive dysfunction’. Ek begin al daaraan gewoond raak dat my mond oop en toe gaan sonder dat daar woorde uitkom. My mense ook. Hulle het geleer om aan te gaan met die gesprek asof daar nie ’n gapende vis in hulle midde is nie – Madelein sal netnou weer bypik. Of nie. En dit is ook oukei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En dan is daar die kleiner ergenissies, Soos die wenkbroue en wimpers wat weer en weer en weer uitval. Maar, kom ons wees nou eerlik – dit hou dinge opwindend. Skielik, een goeie môre, besef jy dat daar stokstywe haartjies sit waar daar eens wimpers was. Ai, daardie haartjies word gekoester. Wanneer jy aan hulle dink word jou hart sommer so sag. Skattige goedjies. En dan, een oggend, word jy wakker en besef jy dat hulle weer uitgeval het, jou deernisvolle vertroeteling ten spyte. Maar – jy weet goed dat hulle weer onverwags hulle opwagting gaan maak, so elke oggend se kyk in die spieël is amper iets soos ’n avontuur. Gaan daar stokstywe, brawe haartjies wees of nie?

Ek het begin voorberei vir die volgende fase van hierdie reis – borsrekonstruksie. Ek weet reeds watter metodes aanbeveel word en ek het die name van ’n paar uitstekende sjirurge. Borsrekonstruksie mag eers ses maande tot ’n jaar ná afhandeling van bestraling gedoen word, so ek het nog genoeg tyd om te kyk na daardie hartroerende voor-en-ná foto’s. Ek het vrede daarmee gemaak dat my bolyf nooit modelmooi sal wees nie. Daar gaan letsels en littekens wees, tekens dat ek gelééf het, oorlogswonde. En as iemand my daaroor uitvra, sal ek met ’n lekker hart kan sê: Dit lyk miskien erg, maar jy moet die kankerselle sien. O, jy kan hulle nie sien nie? Dis omdat hulle dood is. Ha!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My lyf word weer sterk genoeg om terug te veg.

Ek het gister gesien dat daar fyn, blonde haartjies op my voorarms is. En my nuwe wimpers is omtrent ’n millimeter lank. Die fynste, blondste haartjies het ook verskyn bo-op my getatoëerde wenkbroue en hoewel my naels droog en bros is, sit al tien nog op my vingerpunte.

Die verstommendste van alles is die vrede wat in my woon terwyl my liggaam deur al hierdie dinge gaan. Elke veldslag in hierdie oorlog, groot en klein, word geveg onder aanvoering van die grootste Leidsman van alle tye. Daardie einste Een wat die dood vir ons oorwin het.

So: ek sal elke oggend opstaan en my uniform bo-oor my olifantvoete aantrek, veilig in die wete dat Hy my nie alleen sal laat nie, dat Hy saam met my in die voorste linies is terwyl ek die vyand aandurf, ongeag van watter skelm plan in die mou gevoer word om my swak te maak.

Bring it on!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

1 hour Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

22 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

23 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

23 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.