Die jongste kombuistendense waarvan jy nou moet weet deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: pexels
Slim stoorplekke
Daar is ’n neiging om baie fokus te plaas op ’n skoon uitleg; daarvoor is slim stoorplekke noodsaaklik sodat jou kombuis netjies kan lyk, maar steeds alles kan huisves.
Lees ook: Organiseer jou huis met stylvolle stoorplekke
Piouter en kanongrys is groot nuus
Dit is nie so hard soos swart of spesifiek soos koper of goud nie, maar dit skep tekstuur en diepte.
Lees ook: Beplan jou kombuis slim
Oop rakke
Vervang kombuiskaste teen die muur deur metaal-, hout- of glasrakke te installeer. Gebruik hierdie uitstalruimte om jou kombuis te verpersoonlik – minimalisme is glo uit!
Lees ook: Die 11 grootste dekorneigings waarvan jy nou moet weet
Antiek-sjiek
Hierdie dekortendens is terug! Tog het dit nou ’n natuurlike basis, dink aan klip, rottang en outydse beligting.
Lees ook: Agter die kleurryke skerms van rooi rose se dekorartikels
Kleurryke stoffering
Skryf dit neer: 2019 is amptelik die einde van wit kombuise. Gestoffeerde kombuisstoele of ’n Romeinse blinding maak ’n terugkeer en voeg kleur en persoonlikheid by jou kombuis.
Lees ook: Dink pienk! 5 maklike maniere om pienk in jou huis te gebruik
Kabinette in volkleur
Wit kombuiskassies word nou geverf en verseker ’n kleurryke kookplek. Grys, uitgewaste blou en groen is baie gewild.
Lees ook: Kleur in met strooikussings
Rou materiale
Mense is gedurig op soek na elemente uit die natuur en dit is ’n groeiende dekorneiging. In 2019 is basiese materiale soos hout, klip en jute gewild.
Lees ook: Wees plastiekvry in jou badkamer – dis maklik!
Verskaffers
Yuppiechef |yuppiechef.com
@Home |home.co.za/home
Mr Price Home |mrphome.com
Superbalist |superbalist.com
Block and Chisel |blockandchisel.co.za
Takealot |takealot.com
Builders |builders.co.za