Die indringer in jou kop. Deur Maretha Botes.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om soos ‘n indringer in jou eie werksomgewing te voel, is meer algemeen as wat jy sou dink. Ongeveer 70% van mense het onlangs in ‘n studie deur Forbes-tydskrif erken dat hulle al indringersindroom ervaar het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Selfs bekendes soos Michelle Obama is al daardeur geraak. In 1978 het twee sielkundiges, Pauline Rose Clance en Suzanne Imes, die eerste keer na indringersindroom (impostor syndrome) in hul navorsing oor die fenomeen verwys.
Hulle was van mening dat dié sindroom (om die meeste van die tyd soos ‘n indringer te voel), slegs vroue raak. Vandag weet ons dit is allermins die geval. Vroue én mans uit alle kultuurgroepe word geraak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir Salomé Erasmus (48)*, afdelingsbestuurder by ‘n bemarkingsmaatskappy, was die gevoel dat sy maar ‘n buitestaander in haar werksomgewing en selfs soms in haar vriendekringe is, swaar. Boonop kry sy die idee dat haar kollegas haar as ‘n valse presteerder beskou, iemand wat nie die mas kan opkom of haar posisie verdien nie. Toe sy ‘n jaar terug in haar nuwe pos aangestel is, was sy angstig oor wat ander mense dink, pleks van opgewonde.
Dit het daagliks spanning by haar veroorsaak, in só ‘n mate dat sy later ‘n maagseer ontwikkel het. Sy vertel, “Ek was bang iemand ‘sien deur my’ en dat dit maar ‘n kwessie van tyd is voordat ek my werk verloor. Angstigheid, kommer, en twyfel was my drie hoofemosies.”
Salomé het oor haar gevoelens begin oplees en agtergekom dat sy moontlik aan indringersindroom ly. Sy het ook besef sy is een van baie mense wat dit beleef. “Ek het bietjie selfondersoek gedoen en besef ek was my hele lewe eintlik so. Dat ek altyd my prestasies afgemaak het as geluk, of toeval, en nooit eienaarskap daarvan geneem het nie,” sê sy.
Sy het nóg wyer oor die onderwerp gelees en ook ‘n lewensafrigter gaan sien om haar te help om haar gevoelens te bestuur. “Ek besef dat sosiale media ‘n groot rol speel, asook om myself met ander suksesvolle mense te vergelyk. Ek het weer begin swem vir oefening en genot, en naweke sit ek my werksfoon tot Maandagoggend af. Ek fokus meer op dinge waarvan ek hou en begin afskeep het.
Só bring ek weer pret terug, en die goedvoelhormone kom weer aan die werk. Ek het nog ‘n pad om te stap, want soms verval ek weer in vertwyfeling. Maar ek weet nou waarop ek moet let om nie in ‘n gat van angstigheid en kommer te verval nie.”
Caitlin Watson, talentbestuurkonsultant en skrywer vir Talenttalks, sê die meeste mense ervaar ‘n afname in selfversekerdheid wanneer hulle in ‘n nuwe pos instap. Wanneer hulle nuwe vaardighede aangeleer het en gewoond is aan die nuwe omgewing en uitdagings, kan hulle egter weer normaal en effektief funksioneer. Dit is wanneer die gevoelens van selftwyfel bly draal, ten spyte van jou goeie suksesrekord en selfs al het jy nuwe vaardighede aangeleer en jou werksomgewing leer ken, dat jy indringersindroom ervaar.
Lees nog: Veg of vlug?
Lizette Volkwyn is ’n meester-lewensafrigter. Sy sê indringersindroom het direk te make met die druk wat die samelewing op ons plaas om te presteer en resultate in die kortste moontlike tyd te lewer. Dit is alles natuurlik onrealistiese verwagtinge, voeg sy by. Die druk vir prestasie het ‘n aanvaarbare norm geword, want ons samelewing is desperaat vir oplossings en hoë standaarde. Lizette sê egter as jy indringersindroom ervaar, is dit slegs aan jouself te wyte. Sy verduidelik, “Dit is iets wat jy toelaat om te gebeur. Jy het jouself waarskynlik nog nie in geheel ontdek en aanvaar nie. Daar is ‘n soeke na eksterne aanvaarding en jy vergelyk jouself met die prentjie van sukses wat jy van ander het, en pas daarvolgens aan.” Sy sê baie van ons bevraagteken ons selfgeldigheid omdat ons nooit tyd opsy gesit het om onsself beter te leer ken en te definieer nie. “Die emosionele vrese van verwerping, om geklassifiseer te word as nie goed genoeg nie, of die gevoel van mislukking, kan slegs uitgewis word wanneer jy opstaan as die ware jy en in jouself glo aan dit wat jy kan bydra.”
Dit is nodig om die siklus van negatiewe gevoelens te breek, sê Lizette, want op die lange duur kan hierdie emosies tot ‘n mislukte loopbaan lei.
Die goeie nuus is dat jy beheer oor jou emosies kan neem. Jy kan die siklus breek deur daagliks bewus te wees van hoe jy voel en optree. Caitlin, wat self ‘n pad met indringersindroom geloop het, sê die beste plek om te begin, is om oor jou gevoelens te praat.
“Eers toe ek ‘n naam vir my indringergevoelens kon gee, was ek in staat om myself met kennis en bronne te bemagtig. Dit is iets wat ek daagliks moet bestuur. Indringergevoelens steek in stresvolle tye kop uit, veral wanneer ek min slaap kry. Ek maak baie op my wederhelf staat om vir my perspektief te gee. Hy weet watter vrae om my te vra as hy sien ek sukkel sodat ek my negatiewe denke kan herken en dit kan herstruktureer,” sê sy.
Lees nog: Stres minder: kyk na dié 6 denkpatrone
– Wat is my kernwaardes?
– Wat is my doel?
– Waarom doen ek wat ek doen?
– Wat is uniek omtrent dit wat ek goed kan doen?
– En die belangrikste, hoe ondersteun dit waarvoor ek staan, alles wat ek doen, sê en weet?
*’n Skuilnaam is gebruik.
Hooffoto: Magnet Me vir Unsplash
Lees nog: Asemhalingoefeninge wat jou help om minder te stres
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.