Die grootste sonbril-tendense vir 2020 deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: H&M
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die klein sonbrille wat deur die jare negentig geïnspireer is, het verlede jaar die sonbrilrakke oorheers, maar dit lyk of groter brille vanjaar gewilder is. Die regte sonbril het die vermoë om jou gesig en styl te komplementeer. Pleks van die mikrobrille, kyk ons nou na stylvoller, drabare opsies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Die swembroek wat jy in 2020 moet dra
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deursigtige rame en lense is lankal gewild in die sonbrilmark. Hoewel die een nie op die ander fokus nie, kan jy dit kombineer en ‘n monochromatiese voorkoms skep wat by alles pas.
Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur
Van bo na onder: 1.Tom Ford; 2. Jimmy Choo; 3. INVU. ; 4. Von Zipper
Die mikrobril met sy reghoekige raamwerk uit die jare negentig het sedert verlede jaar ’n groot terugkeer gemaak, maar dit is nou baie makliker om te dra in ‘n groter silhoeët. Pleks van metaalrame, wees op die uitkyk na dik plastiekrame.
Lees ook: 1 item, 3 maniere: Die Espadril
Van bo na onder: 1. Retrosuperfuture; 2. Vogue beskikbaar by Luxottica; 3. DotDash; 4. Freckle Eyewear
Die klassieke katoog kry hierdie somer ‘n nuwe gesig. Swart en skilpadkleure sal altyd duursaam lyk, maar vir ‘n moderne gevoel, probeer ‘n deurskynende paar of uitgesnyde detail, of waag met patrone en helder kleure.
Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap
Van bo na onder: 1. Guess; 2. Buberry beskikbaar by Luxottica; 3. DotDash; 4. ByCara
Hierdie ronde style is ontwerp om ‘n groot verskeidenheid gesigvorms te vlei, en word gedefinieer deur hul speelsheid. Dit is ‘n prettige alternatief vir jou tydlose swart en skilpaddopstyle en jy sal verbaas wees oor hoe veelsydig hulle is.
Lees ook: Ja, jy kan ook neon dra!
Van bo na onder: 1. Von Zipper; 2. INVU. ; 3. Burberry beskikbaar by Luxottica; 4. Giorgio Armani beskikbaar by Luxottica Die grootste sonbril-tendense vir 2020
Skildrame (shielded frames) het groter, beter en selfs meer futuristies geword – laboratorium-ontmoet-jare-tagtig. Ski-rame het die aandag van beroemdes én Jan Alleman getrek. Jy gaan vir seker ‘n indruk maak met hierdie rame en word ook beskerm teen die son.
Lees ook: Koop vanjaar hierdie sonhoed
Van bo na onder: 1. Mr. Price; 2. Lacoste beskikbaar by Moscon Optics; 3 & 4 Albei Vogue beskikbaar by Sunglass Hut
Die Aviator-style is ikonies en sal waarskynlik elke jaar sy verskyning maak. Kies baie dun rame en getinte lense om die Top Gun-gevoel te bemeester. Saam met hierdie dun rame is die dun goue rame van die jare sewentig ook groot nuus.
Lees ook: Hoe om die dragkode op ’n uitnodiging te verstaan
Van bo na onder: 1. Maui Jim; 2. Lacoste beskikbaar by Moscon Optics; 3. Burberry beskikbaar by Luxottica; 4. Emporio Armani beskikbaar by Luxottica
Freckle Eyewear – beskikbaar by uitgesoekte brilwinkels
INVU. beskikbaar by SDM Eyewear
Jimmy Choo beskikbaar by Dynamic Vision Optometrists
Lacoste beskikbaar by Moscon Optics
Tom Ford beskikbaar by SDM Eyewear
Von Zipper beskikbaar by Billabong-winkels
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.