Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee en ’n half jaar, was Martie* van Polokwane emosioneel uitgeput nadat sy met hoop in haar hart ’n swangerskapstoets gedoen het. Telkens was die uitslag dat sy nie swanger was nie. Die smart was te veel om te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Toe ons ten einde laas na ’n vrugbaarheidskliniek in Sandton verwys is,” vertel sy, “het die hoop opnuut weer opgevlam. Ons het gebid dat ons antwoorde sou ontvang oor hoe om ons swangerskapsreis te begin. Ons het geglo dat ons hier antwoorde sou kry en was ongelooflik opgewonde.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die resultaat was egter nie wat hulle verwag het nie. Hulle het daar die nuus gekry dat hulle slegs ’n 9% kans het om swanger te raak. Dis minder as 10%. Hulle was verslae.

Dit was vir hulle hartverskeurend om te weet dat daar byna geen kans was om hul eie kinders te hê nie. “Ek en my man het op pad huis toe skaars met mekaar gepraat. Ek het byna die hele pad terug in die motor net gesit en huil,” sê Martie.
Gelukkig kon hulle hul hartseer met mekaar deel. Terug by die huis het hulle mekaar belowe dat hulle saam hierin sou wees en nie sou toelaat dat dit hul huwelik vernietig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Later daardie aand,” gaan Martie voort, “nadat my man aan die slaap geraak het, het ek myself in die badkamer toegesluit, op die vloer gaan sit en so saggies as moontlik gehuil, in die hoop dat hy my nie sal hoor nie. Ek het met God gepraat en vir Hom gesê ek kan nie bid nie. Ek is gewond. Ek is kwaad. Waarom ons?
“Om te sê dat ek emosioneel ly en gebroke is, is om dit ligtelik te stel. Niemand kan verstaan hoe jy voel of wat jy deurmaak as hulle dit nie self deurgemaak het nie.”

Hulle bly steeds glo en hoop dat ’n wonderwerk sal gebeur.

Wat is onvrugbaarheid?

Die begrip “onvrugbaarheid” word gebruik wanneer die vermoë om swanger te raak afneem of afwesig is. Dit beteken nog nie dat jy glad nie kinders sal kan hê nie, maar dat jy behandeling of ondersteuning nodig het om swanger te raak.
Onvrugbaarheid kom ter sprake wanneer ’n paartjie ná 12 maande se gereelde onbeskermde seks, of ses maande vir ’n vrou ouer as 35 jaar, nie swanger kan raak nie.

Daar is twee soorte onvrugbaarheid. Primêre onvrugbaarheid is wanneer ’n vrou nog nie vantevore swanger was nie. Sekondêre onvrugbaarheid is wanneer ’n vrou reeds ’n kind gehad het en nie weer swanger kan raak nie.
Baie paartjies wat sukkel om swanger te raak, kan dit aan ’n moontlike mediese toestand toeskryf. In ’n derde van die gevalle lê die probleem by die vrou, in ’n derde by die man en by nog ’n derde by die man en die vrou. Maar die hartseer is dat een uit elke ses paartjies sukkel om swanger te raak.

Tekens, simptome en algemene oorsake van onvrugbaarheid by die vrou

  • Melk wat deur die bors afgeskei word.
  • Chroniese pyn in jou pelvis.
  • Seks is moeilik..
  • Oormatige aknee of hare op die gesig.
  • ’n Geskiedenis van pelvisinfeksie.
  • ’n Geskiedenis van seksueel oordraagbare siekte (SOI).
  • As jy ’n inwendige geboortebeperkingstoestel gebruik het.
  • Ongereelde menstruasie of geen menstruasie nie.
  • Ná ’n sterilisasie of as dit onsuksesvol omgekeer is.
  • Twee of meer miskrame.
  • Van die algemeenste mediese oorsake sluit in ’n abnormale skildklier, die gebrek of afwesigheid van ovulasie, endometriose, polisistiese ovariumsindroom, hiperprolaktinemie (’n afwyking waarin jou pituïtêre klier oormatige hoeveelhede van die hormoon prolaktien afskei).

Watter rol speel ouderdom?

Ons lees al meer van vroue wat in hul veertigerjare hul eerste baba(s) kry.
As jy besluit om kinders te hê, is dit egter raadsaam om nie tot dan te wag nie.
’n Vrou is op haar vrugbaarste in haar vroeë twintigerjare en vanaf 35 jaar begin haar vrugbaarheid afneem in die sin dat die gehalte en hoeveelheid van haar eierselle afneem. Mans bly baie langer vrugbaar hoewel die semengehalte en -hoeveelheid ook ná 45 begin agteruitgaan.

Wanneer om hulp te soek

Die spesialiste by Medfem-vrugbaarheidskliniek beveel aan dat jy hulp soek as julle wil swanger raak, en jy op enige van die volgende stellings “ja” kan antwoord. Dit beteken nie enigiets is fout nie, maar as daar probleme is, kan dit hanteer word en jou hope bekommernis spaar.

  • Is jy en jou maat al bekommerd omdat jy nog nie swanger geraak het nie?
  • Is jy jonger as 35 jaar en het julle al meer as ’n jaar probeer om swanger te raak?
  • Is jy ouer as 35 jaar en het julle al meer as ses maande probeer om swanger te raak?
  • Is jou maandstondes pynlik?
  • Was jy of jou maat tevore in ’n verhouding waar julle probeer swanger raak het en dit nie suksesvol was nie?
  • Het jou maat vantevore ’n besering aan sy testikels opgedoen?
  • Het jy ’n groot operasie aan jou buik gehad?
  • Is jy ouer as 35?
  • Het jou maat ’n operasie aan sy testikels gehad?
  • Het jy al ’n ektopiese swangerskap (buite die baarmoeder) gehad, gewoonlik in een van die fallopiese buise?
  • Het jy al melkafskeiding uit jou borste gehad?
  • Het jy diabetes, Cushing se sindroom of ’n skildklierprobleem?
  • Is jy oor- of ondergewig?
  • Kan julle om een of ander rede nie gereeld seks hê nie?
  • Het jy chlamydia of pelviese inflammatoriese siekte (PID) gehad?
  • Het jou maat pampoentjies gehad?
  • Sukkel jou maat om seks te hê?
  • Het jou maat ejakulasieprobleme?
  • Het jy ’n familiegeskiedenis van diabetes of skildklierafwykings?

’n Paar opsies in ekstreme gevalle

  • Kunsmatige inseminasie
  • In vitro-bevrugting (IVB)
  • Skenker-sperms of -ova
  • Surrogasie

Dit kan help

Navorsing toon dat vroue wat onvrugbaarheid ervaar, dieselfde angs- en depressievlakke het as vroue met kanker, hartsiektes en MIV.

Hoewel stres opsigself nie onvrugbaarheid kan veroorsaak nie, kan stres wel inmeng met ’n vrou se vermoë om swanger te raak. Volgens navorsing is vroue met ’n geskiedenis van depressie se kans om onvrugbaar te wees dubbeld so groot. Angs kan ook die tyd wat nodig is om swanger te raak, verleng. Selfs met in vitro-bevrugting kan stres die sukses daarvan beïnvloed.

Die spesialiste by die Medfem-kliniek verstaan waardeur ’n vrou (en haar maat) gaan wat sukkel om swanger te raak.

Dit raak elke aspek van ’n vrou se lewe. Hoe sy oor haarself voel, haar verhouding met haar maat en ander mense naby aan haar. Hulle beklemtoon dat die komplekse emosionele reaksie op onvrugbaarheid normaal is en kan gevoelens van verlies, jaloesie, ontkenning, skaamte, isolasie, woede en frustrasie insluit. Jy en jou maat kan ook verskillend reageer, maar dit sal julle baat om hanteringsmeganismes aan te leer om dit te bestuur.

Hulle gee kortliks die volgende raad:

  • Erken hoe jy voel en verstaan dat dit normaal is.
  • Gee uiting aan jou gevoelens. Hoe meer jy daaroor praat, hoe makliker word dit.
  • Kry ondersteuning en berading. Dit help as jy mense het wat kan luister en hoor hoe jy voel.
  • Gun dit vir jouself om oor jou droom te rou. Jy moet deur die rouproses gaan om weer heel te word.
  • Kommunikeer met jou maat. Die stryd met onvrugbaarheid en die behandeling plaas groot druk op ’n huwelik. Kry saam hulp.
  • Kry al die inligting wat jy kan. Lees, praat met jou dokter of berader of ondersteuningsgroep asook met ander wat dieselfde as jy deurmaak. Kennis verminder dikwels die vrees van onsekerheid.
  • Vra vir hulp, hetsy of dit net iemand is wat na jou sal luister. Dit help om te weet jy is nie alleen nie.
  • Wees goed vir jouself. Pas jou gesondheid op en bederf jouself van tyd tot tyd.
  • Lig die mense na aan jou in oor die situasie sodat hulle nie uit onkunde dinge sê of doen nie.
  • Hou seks pret en nie net iets wat jy moet doen wanneer jy moet nie.
  • Jy mag maar nee sê vir geleenthede waar babas die middelpunt is as dit vir jou te moeilik is.
  • Kry maniere om stres te verminder deur stokperdjies of ander aktiwiteite wat jy voorheen geniet het.

*skuilnaam
Besoek www.medfem.co.za vir meer inligting
Bykomende bron: Mayo-kliniek

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

14 hours Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

1 day Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

1 day Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

1 day Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

2 days Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.