Hannon Bothma, bekend as die Glam Guru, weet hoe om die beste uit mense te bring. Vir 23 seisoene het hy deur die jare gewys wat die regte haarsny en grimering aan enige voorkoms kan doen. Hy word nie verniet ’n super-stilis en wonderwerker genoem nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die goeie nuus is dat ’n nuwe seisoen van Glam Guru eersdaags verfilm word, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas betower te word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“As iemand in die spieël kyk en die mooiste weergawe van hulself sien, gee dit hoop en inspirasie vir die toekoms,” sê Hannon. “Om weg te stap van die voorkoms waaraan deelnemers lank vasgehou het, gee ek hulle radikale veranderings deur hulle haarstyl, grimering en klere te verander. Selfs hulle eie families is stomgeslaan en moet twee keer kyk om seker te maak dit is dieselfde persoon. As jy dus op jou beste wil lyk en voel, is Glam Guru daar vir inspirasie, en jy kan nou een van die gelukkiges wees om in my omtowerstoel te kom sit.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wat moet jy doen as jy as een van die deelnemers wil wees?
Reëls en regulasies
Hannon Bothma het ’n skatkis van ervaring wanneer dit by styl en skoonheid kom. Hy deel boonop elke maand sy wenke in ons uitgawes! Een leser kan hierdie maand ’n HANNON-geskenkpak ter waarde van R2 500 wen.
Koop ons Julie-uitgawe om te sien hoe jy kan inskryf. Dis nou beskikbaar!
Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.