Die gewildste swemklere-style vir 2020 deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Montce Swimwear
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Om op ‘n nuwe swembroek te besluit is nie altyd so maklik soos om net tussen ‘n eenstuk of bikini te kies nie. Behalwe om die algemene lyfkwessies in gedagte te hou, is daar ook gedurig nuwe tendense. Indien jy op soek is na ‘n nuwe nommertjie, loer hier vir vanjaar se gewildste swembroekmodes.
Lees ook: Vlei jou liggaam in ’n eenstuk-swembroek: Ons vyf beste wenke
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Geel is ‘n belangrike kleur vir hierdie somer. Die gewildste skakering is mango-geel, wat aan oranje grens. Dit lyk wonderlik by iemand met ‘n donker velskakering. Maar ligter skakerings, soos pastelgeel, vlei ‘n groter verskeidenheid velkleure.
Lees ook: 5 swembroeksnitte wat jou op jou beste sal laat lyk
Eenstuk (van R1 599) Scotch&Soda
Al hoe meer kopers is bewus van volhoubare modes en soek nou aktief na eko-vriendelike handelsmerke. Hierdie eenstuk van Akina Label is van geregenereerde ECONYL® nylon gemaak – wat beteken dat geen vermorsing en geen nuwe hulpbronne in die produksie gebruik is nie.
Lees ook: 5 redes hoekom jy vanjaar in katoen moet belê
Volhoubare eenstuk (R1 400) Akina Label Die gewildste swemklere-style vir 2020
Luiperddruk (en ander dierepatrone) is nou al etlike seisoene op die loopplanke te sien, en dis duidelik dat dierepatrone nou ‘n seisoenlose neiging is. Luiperddruk is te sien in verskillende kleure, van neon tot meer subtiele, natuurlike kombinasies. Probeer ‘n gedrukte luiperddruk eenstuk, of bikini in natuurlike kleure.
Lees ook: Jy kan ’n gesonde selfbeeld kweek – ons wys jou hoe
Bikini-broekie (R599) en -toppie (R699) Beach Cult
‘n Swembroek met ‘n gordel herroep die goue sestiger- en sewentigerjare. ‘n Eenstuk met ‘n gordel kan vorm gee aan jou middellyf en ook die fokuspunt van ‘n eenvoudige ontwerp wees.
Lees ook: Dis hoe jy jou swembroek se lewe kan verleng
Eenstuk met gordel (POA) Witchery Die gewildste swemklere-style vir 2020
Hierdie vreesaanjaende styl is vleiender as wat jy dink, omdat dit dikwels die illusie van ’n dieper bruin vel skep. Die geknoopte toppie skep detail, en kan na jou smaak verstel word.
Lees ook: Die swembroeksnitte wat vir jou lyf sal werk – en die snitte wat jy eerder moet vermy
Bikini met verstelbare toppie (POA) Montce Swim
’n Styl wat jou terugneem na die tagtigerjare en swembroeke met hoog gesnyde bene. Hierdie ontwerp word al ‘n paar seisoene lank gesien en lyk of dit nêrens heen gaan nie. Die snit is veral gewild omdat dit die illusie van langer bene skep en lyk goed by die meeste liggaamsvorms.
Eenstuk met tropiese drukwerk (POA) PQ Swim
Metaal kleure verleen ‘n sexiness en lyk goed by ‘n bruin gebrande lyf. As jy nie te uitspattig wil wees nie, hou by neutrale kleure wat blink, soos beige, bloospienk, brons en goud. Dit sal jou voorkoms stylvol afrond. Ons hou van hierdie brons stel.
Bikini-toppie (R1 699) en -broekie (R1 699) Beach Cult Die gewildste swemklere-style vir 2020
Ons liefde vir klere uit die jare tagtig en negentig is die afgelope paar seisoene op die loopplanke gevier. Hierdie nostalgie geld ook swembroeke. Die broekies met die hoë middellyf het dalk ‘n retro-voorkoms, maar kan nuwe lewe kry met interessante patrone en detail.
Petal-toppie (R1 949) en -broekie (R1 699) Seafolly
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.