Die Getaway-skou: ’n Skou vir avontuurlustiges. Inligting en foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gaan maak van 14-16 September 2018 ’n draai by die Ticketpro Dome in Gauteng vir die jaarlikse Getaway-skou. Dit is die regte plek om jou Desember-vakansie of jou droom-avontuur te beplan en vind slegs ’n week voor braaidag plaas …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Meer as 22 000 besoekers word verwag. Honderde uitstallers sal kampeergereedskap, avontuur- en buitelugdrag, 4X4-produkte, karavane, motorhuise, motors, sleepwaens, reisbestemmings, akkommodasie en toebehore uitstal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die familievriendelike geleentheid bied onder meer ’n klimmuur, fotografie-werkswinkels en ’n handwerk- en voedselmark. Daar sal ook ’n kinder-area, kosstalletjies, ’n biertent, sportaktiwiteite en musiek wees.
Van die hoogtepunte wat jy kan verwag, is spesiale aanbiedinge, die nuutste produkte, die beste voertuie (woonwaens én sleepwaentjies) vir jou avonture, kombuistoerusting, reis-idees en pryse wat gewen kan word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kaartjies is aanlyn beskikbaar sowel as by die deur. Kry joune hier.
Kaartjiepryse
R80 vir volwassenes
R40 vir studente en pensioenarisse
R150 vir ’n gesins-groepkaartjie
Kaartjies vir kinders onder 12 is gratis by die deur
Ure
Vrydag: 10:00 – 18:00
Saterdag: 09:00 – 18:00
Sondag: 09:00 – 16:00
Vir meer inligting besoek www.getawayshow.co.za
Besoek hulle sosiale media platforms by:
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.