Die Fertility Show Africa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek dink dis regtig opwindend dat daar ’n platform is vir diegene wat ouerskap oorweeg – om te leer van die slaggate, moontlike hindernisse en hoe om dit te voorkom. Dit dek natuurlik ook alles wat hulle op hul reis kan teëkom – met onderwerpe wat elke aspek van alle beskikbare opsies regoor alle areas van onvrugbaarheid dek,” sê Mandy Rodrigues, kliniese sielkundige en lewensafrigter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Fertility Show Africa maak in 2022 ’n welkome terugkeer vir ’n tweedaggeleentheid wat by die Focus Rooms in Johannesburg op 23 en 24 Julie sal plaasvind. Dit sal ook ’n aanlyn komponent inkorporeer, om sodoende besoekers van regoor die land, die Afrika-kontinent, en die res van die wêreld, toe te laat om dit by te woon en deel te neem.

Fertility Show Africa bied aan diegene wat sukkel om swanger te raak of wat op hul reis na  ouerskap is, ’n geleentheid om met verskeie kenners in gesprek te tree, antwoorde te vind en inligting in te win. Van die wêreld se voorste vrugbaarheidskundiges, embrioloë, verpleegsters, sielkundiges, voeding- en leefstyladviseurs, en voorste kenners in vrugbaarheid wat met hul eie vrugbaarheidsprobleme gesukkel het.

FSA 2022-hoogtepunte sal die gewilde Kennerpraatjies-program, die Ondersteuningsone, die V&A-sessies (in persoon en aanlyn), en uitstalling (in persoon) van die jongste produkte in vrugbaarheid en ouerskap. Besoeker sal ook self met uitstallers kan gesels.

“Fertility Show Africa is ’n wonderlike geleentheid omdat dit kwessies wat nie gewoonlik openlik bespreek word nie, na vore bring. Bo en behalwe die fantastiese inligting wat verskaf word, help die FSA ook om ondervindings met onvrugbaarheid te valideer,” sê dr Rizwana Roomaney, ’n sielkunde-dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Fertility Show Africa is die enigste regstreekse geleentheid wat die volgende bymekaar bring:

  • Topvrugbaarheidsklinieke en -kundiges
  • Dokters, klinici, praktisyns
  • Skenkers, aannemings- en surrogaatagentskappe
  • Toerusting
  • Adviesgroepe
  • Farma & aanvullings
  • Komplementêre en alternatiewe terapie-praktisyns
  • Geestesgesondheidpraktisyns
  • Dieetkundiges, voedingskonsultante & welstandpraktisyns
  • Holistiese terapeute
  • Finansiële en regskenners
  • Handelsname, produkte & dienste wat die vrugbaarheidsreis en reis na ouerskap ondersteun en meer meer!

SKOUTYE:

Saterdag, 23 – Sondag, 24 Julie 2022

Saterdag: 09:30 – 17:00

Sondag: 09:30 – 17:00

PLEK:

Focus Rooms, Johannesburg & aanlyn

Kry hier jou gratis kaartjie.

Oor die Fertility Show Africa 2021

Die Amerikaanse Meirav Zur, skrywer en opvoerder van die een-vrou-opvoering Inconceivable: The Totally True One-Woman Semi-Fertile Quasi-‘Musical’, waarvan uittreksels by FSA gewys sal word, het die volgende kommentaar gelewer: “Dit is sleg dat hierdie geleentheid nie bestaan het toe ek kniediep in die alles oorweldigende borrel van onvrugbaarheid was nie, want ek kon regtig gedoen het met hierdie kennis en ondersteuning. Ek is baie bly so ’n geleentheid bestaan nou. Die impak daarvan is onmeetbaar.”

3Sixty Biomedicine se hoof- uitvoerende beampte, Boitumelo Sebambo, sê: “Fertility Show Africa is die topgeleentheid vir die deel van belangrike inhoud oor onvrugbaarheid. Die gehalte van inhoud en vrugbaarheidspesialiste wat betrokke is, is uitstekend en die program stel ten doel om mense op te voed en hulle direk met klinici en kenners in die veld in kontak te sit om die hulp wat hulle nodig het te kry. Ons glo dat platforms soos die Fertility Show Africa ’n kritieke rol speel in die skep van ’n veilige ruimte vir mans en vroue om oor taboe onderwerpe soos onvrugbaarheid te praat.”

Onvrugbaarheid word steeds as taboe in Suid-Afrika beskou, en baie paartjies ervaar die stigma daar rondom. Paartjies moet kritieke inligting vir hul reis van agtenswaardige kenners kry. Dit gaan alles oor inligting, inligting, inligting. Wanneer daar met onvrugbaarheid geworstel word, is oningeligtheid duur, aldus pastoor Jerry wat Hannah – You Are Not Alone saam met Karabo Zwane geskep het.

“Heelwat diegene wat in die Ondersteuningsone deelneem, het al self die onvrugbaarheidspad gestap, en verstaan dus die stryd en verdriet wat mense op hul reis ervaar. Hulle is daarom in die perfekte posisie om hulp, advies en ondersteuning aan diegene in nood te bied. FSA sal vrugbaarheidspasiënte in ’n diskrete omgewing waar hulle met ’n eendersdenkende gemeenskap hul reis kan deel, en ook ondersteuning kan verkry terwyl hulle die wye reeks beskikbare opsies ondersoek en verken,” sê Heidi Warricker, hoof- uitvoerende beampte en organiseerder van die Fertility Show Africa.

Moenie dit misloop nie – wees deel van die gesprek!

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

46 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.