kategorieë: KalenderOntspanning

Die Eseltjiesrus Boekefees vier 15de jaar: 17 – 19 Mei

Die Eseltjiesrus Boekefees vier 15de jaar: 17 – 19 Mei. Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Eseltjiesrus Boekfees

Eseltjiesrus Donkey Sanctuary vier eersdaags 15 jaar van hul liefde vir boeke en die bevordering van ’n leeskultuur by die jaarlikse Boekefees.  Hierdie is ’n geleentheid vir boekwurms, winskoopjagters en diegene wat skaars en spesiale uitgifboeke soek.  Die Storievertel- en Leesteater vir kinders wat verlede jaar by die Boekefees begin is, sal seker maak dat niemand uitgesluit word van die vreugde en genot om ’n goeie boek te lees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die tafels gaan behoorlik kreun onder die gewig van duisende boeke van ’n groot verskeidenheid onderwerpe teen winskooppryse.  Of jy nou na kookboeke, reisverhale, kinderboeke, digbundels, nie-fiksie of ’n rare en kosbare Afrikaanse kleinood soek, jy behoort dit tussen al die nuwe en kraakvars tweedehandse boeke te vind.  Nuwe voorraad word elke dag uitgepak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beauty die donkie deel in Jan-Hendrik, Matthew & Franklin se leesgenot by Eseltjiesrus.

Die lewe by Eseltjiesrus

Elke boek wat by die grootste Boekefees in die Wes-Kaap verkoop word, help met die versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande gered word en by Eseltjiesrus gehuisves word. Eseltjiesrus Donkey Sanctuary is ’n permanente tuiste vir bejaarde, verwaarloosde en mishandelde donkies net buite McGregor.  Hier word hulle die geleentheid gegee om die res van hul lewens tussen hul eie spesies deur te bring waar hulle met respek en waardigheid hanteer word.  Elke donkie word elke dag individueel versorg en gevoed na gelang van hulle ouderdom en behoeftes.

Bevordering van goeie donkieversorging

Eseltjiesrus het ook ’n bron van inligting geword en hanteer daagliks navrae van oor die hele land oor goeie versorging.  Die meeste probleme ontstaan as gevolg van onkunde of die wangeloof dat donkies nie gereelde hantering en versorging nodig het nie.  Hierdie hulp maak ’n beduidende verskil om die status van donkies in die algemene publiek se oë te verbeter.  Elke individuele donkie wat gehelp word, is een minder wat pyn, ongemak of angs hoef te verduur.

Franklin, Matthew & Jan-Hendrik kry ‘n voorsmakie van wat by die Boekefees beskikbaar gaan wees.

Die viering van boeke bevoordeel ook die gemeenskap

Alhoewel die sukses van hierdie jaar se Boekefees in McGregor weer ’n onontbeerlike rol sal speel in die komende jaar se werksaamhede by Eseltjiesrus, sal die gemeenskap ook op verskeie maniere by die projek baat.  Werk word geskep, boeke word geskenk aan skole en biblioteke in die groter Langebergarea en die Breede Vaardigheidsentrum sal al die boeke ontvang wat by die Storievertel- en Leesteater vir kinders gelees word, sodat meer kinders in die weke daarna in die betowering van boeke kan deel.

Boekliefhebbers van heinde en verre word genooi om 15 jaar van leesgenot in McGregor te kom vier.  ’n Koffiewinkel en sitplekke in die skadu belowe om die lekker kuier te verleng. Teken 17 – 19 Mei aan en maak seker dat jy deel is van die opwinding by die 2019  Eseltjiesrus Boekefees.

Skakel gerus: 023 625 1593, stuur ’n e-pos aan bookfair@donkeysanctuary.co.za en besoek www.donkeysanctuary.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

16 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

3 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

3 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.