Die Emmy-toekennings se nápartytjie: Wenners en wonderwerke

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe gemaak as jy na ’n eksklusiewe geleentheid genooi word en met jou eie persoonlike probleme stoei? Dit was die vraag waarvoor ek te staan gekom het toe ek ’n uitnodiging ontvang het om die partytjie ná die Netflix Emmy-toekennings by te woon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was veronderstel om in Griekeland te wees om die International Who’s Who-toekenning te ontvang, aangebied deur L’epoche wat meer as 2 miljoen mense bereik. Met my boek Damaged Beauty: Joey Superstar wat verskyn, sou dit ’n goeie geleentheid vir my gewees het, benewens die ontsaglike eer om vir my werk met vroue vereer te word. Maar van my geliefdes het met vreeslike gesondheidsprobleme gesukkel en die reisuitdagings, het my laat besluit om in Los Angeles te bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer mense vir wie ek omgee sukkel, raak dit my vreeslik. My ma se dood het my weerloos gelaat, soveel so dat die impak wat haar dood op my gehad het elke keer opgebring word wanneer mense vir wie ek omgee ’n krisis ervaar.

Ek besef dis nie ’n goeie begin tot ’n storie oor die partytjie ná die Emmy’s nie!

Maar daar is ’n lewensles hier. Ek moes besluit om of met my seer by die huis te bly, of om uit te gaan. Ek het laasgenoemde gekies.

Omdat ek tot op die nippertjie gewag het om my vermoë om “spel” te verdra terwyl ek aan die binnekant ellendig gevoel het, het ek nie my gewone roete gekies om ’n ontwerpersrok vir die spesiale geleentheid te kry nie.

Terwyl ek in my gemaklike japon voor my kas gestaan het, het ek ’n geveerde mini gesien wat ek op die ingewing van die oomblik gekoop het en nooit weer gedra het nie, want ek het gedink ek is te oud daarvoor. Ek preek altyd dat ons nie onsself moet inperk deur hoe ander ons sien nie en tog is dit presies wat ek gedoen het. So ek het besluit om dapper te wees. Ek het dit saam met ’n toppie met blinkers aangetrek wat ek op ’n uitverkoping gekoop het en geweet het ek eendag sal gebruik. Vandag was daardie dag.

Ek het my hare gekrul, grimering aangesit en ’n paar pragtige hoë hakke aangetrek wat my goed laat voel het – bietjie soos Aspoestertjie! Ek het die aand binnegegaan met die idee om vroeg te gaan en vroeg te waai.

Daar was heelwat veiligheidswagte. Die paaie was afgesper soos ek my weg gebaan het deur drie veiligheidstoppe waar stewige mans met lyste gestaan het. Die lug was vol liggies en die palmbome was vol versierings wat in die nag gegloei het. Groot en swart SUV’s, wat die lang limousine as die meeste bekendes se gunstelingmanier van vervoer vervang het, het rug aan rug begin staan toe ek my sleutels aan die bode ontvang het en ’n spesiale armbandjie gekry het sodat ek toegang kon kry. Ek het in die wonderlike wêreld van Netflix se partytjie ingestap: Duisende kersies het die uitspansel bedek, met ’n paadjie wat na die ingang na die partytjie lei. Ek het werklik soos Aspoestertjie gevoel wat op pad was na haar danspartytjie. Reg in die middel van glinsterende vlamme was ’n pianis besig om die vleuelklavier se note die Kaliforniese nag in te stuur. Dit was romanties, opwindend en pragtig. My moed het begin lig.

Binne was ’n bekende platejoggie besig om wysies te speel. Daar was menigte kroeë oraloor die ruimte versprei. Aan die regterkant was ’n intieme ruimte wat lang glasbanke met pantoffels vertoon. Netflix se partytjies is bekend daarvoor dat vroue se voete in ag geneem word.  Ná baie ure op hoë hakke staan, kan partytjiegangers hul skoene uittrek en ietsie platters vir hierdie geleentheid aantrek. Tydens hierdie geleentheid was daar skaapvelpantoffels met ’n diskrete “N” aan die kant.

’n Glimlag het om my mondhoeke begin krul.  Ja, ek was steeds bekommerd oor my geliefdes, maar ek was ook meegevoer deur die visuele prag en glans daarvan. Die hoofvertrek het vol bekendes geraak soos ek besig was om my skoene aan te glip. Sofia Vergara het gelyk soos ’n werklike lewendige weergawe van Jessica Rabbit in gladde glanshare, rooi lippe en ‘n rok wat net as va-va-voom beskryf kan word. Die ster van Modern Family het gelag toe ek per ongeluk in haar vasgeloop het op die dansvloer en ek het haar vir haar transformerende spel in Griselda gekomplimenteer. Sy het die kompliment aanvaar en was jammer dat die stemme nie vir haar ‘n trofee besorg het nie, maar, positief soos altyd, was sy so trots daarop om die dryfkrag agter die hele vertoning te kon wees. Jesse-Tyler Ferguson, haar Modern Family-medester was daar om haar te ondersteun.

Die Ripley-skare het byeengekom rondom gesonke rusbanke wat aan die kant van die dansvloer was. Die vertoning was kuns in swart en wit, maar die bekendes was in lewendige kleur by die lokaal. Dakota Fanning, pragtig in ’n goue aandrok uitgevat, het oor twee van haar mees onlangse rolle (Ripley en The Perfect Couple) gesels – albei wat haar as koue, afsydige karakter uitbeeld. In persoon is die aktrise egter warm en verwelkomend. Sy het skouers opgehaal vir my vraag en geantwoord dat die projek en rol haar aangetrek het. Sy kyk nie na die boog van haar keuses nie. Dit het sin gemaak.

Soos die aand gevorder het, het meer bekendes die partytjie binne gestroom – sommigevan Netflix-programme en ander, met heelwat meer Emmy’s op hul kerfstok. Die sterre van Baby Reindeer, wat vier toekennings ingepalm het, drie vir die skepper, skrywer en ster, Richard Gadd en een vir ondersteunende aktrise, Jessica Gunning, het ingekom toe ek op pad was. Richard, wat ’n Skot is en op wie se lewe die reeks gegrond is, het spoggerig in ’n kilt gelyk.

Dit was ná middernag. Terwyl ek gewag het dat my motor na my gebring word onder Hollywood se hemelruim van diamant sterre en ‘n volmaan, met flieksterre wat net so mooi glinster en steeds die geleentheid binnestroom, het dit my opgeval dat ek die ligste in dae gevoel het.

So hier is die lewensles. Wanneer die wêreld jou vasdruk en jou versmoor, moet jy soms die teenoorgestelde doen as om in ’n bondeltjie te gaan lê en jou te bekommer. Soms moet jy jou siel voed sodat jy kan ontsnap na ‘n plek van glimlagte en genot, sodat wanneer jy terugkeer na jou ‘Cinders’-oomblik, jy die bandwydte het om die pyn te hanteer van mense wat jy liefhet en seerkry, en jy nie die towerstaf het om hul trauma mee weg te waai nie. Dankie, Netflix. Ek het omtrent pret gehad.

Lees ook: Pieter Smith vertel die storie van Afrikaanse musiek op Pretoria FM

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Sonderlinge Simoné  Simoné Pretorius het as aktrise naam gemaak, maar dié dinamiese vrou…

2 days Gelede

Leer hoe om selfgeldend te wees

Om gaaf, oulik en die minste te wees kom vir baie mense teen ’n prys.…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters het vandeesweek afgeskop, en met die nuwe…

2 days Gelede

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta   Genoeg vir 4.   Bestanddele   125 ml (½ k) gedroogde porcini- of…

2 days Gelede

Vis in krakerige bierbeslag

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue

Oktober is Borskankerbewustheidsmaand    Borskanker, wat die algemeenste vorm van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue is,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.