Die eerste Keyes Pantry-mark van 2019: 26 Januarie Foto’s verskaf.
Die Pantry Mark by die Keyes-kunsmyl in Rosebank, Johannesburg, is terug vir die jaar! Hierdie mark fokus op ’n gesonde en eko-vriendelike leefstyl. Jy kan onder meer die galerye by die kunsmyl besoek, ontbyt en middagete geniet én gesonde, tuisgemaakte produkte koop.
Die mark het talle nuwe, plaaslik vervaardigde produkte. Jy kan aanvullings, smoothie-mengsels, gedroogde- en vars gesonde versnaperinge, sappe en kruietee uit Kenia koop. Gunstelinge soos die heelgraan-produkte, plaaslike heuning en vars seisoenale produkte is ook te koop. Daar is ook lekkernye soos sjokodale, pasteie, crêpes en roomys. En, natuurlik kan jy ook ’n glas vonkelwyn geniet!
Van die hoogtepunte die naweek is die praatjie om tienuur by die Mesh Club Teater deur die World Wildlife Fund oor die Living Planet-verslag. Twee gelukkige wenners sal by die geleentheid elk ’n eetbewys van R500 by MomoKuro wen. Vind uit hoe om deel te neem deur hulle te volg op twitter, op Facebook en op Instagram.
Hierdie mark is plastiekvry. Vind meer uit oor die Eco-brick-veldtog waar jy plastiekbottels kan verpak en by die mark aflaai. Dit word by die mark gehaal deur die ADVA -Jeugvaardigheidsontwikkelingsprogram, wat die plastiek gebruik om banke, meubels en geboue vir skole te vervaardig.
Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe
Dié mark word op die laaste Saterdag van elke maand gehou by Keyeslaan, Rosebank.
Wat jy moet weet:
Waar: Keyes-kunsmyl, Rosebank, Johannesburg
Datum: 26 Januarie 2019
Tyd: 09:00 – 14:00
Besoek hul webblad vir verdere inligting