kategorieë: Dra dit soMode

Die eenstuk: ‘n Item vir elke seisoen

Die eenstuk: ‘n Item vir elke seisoen deur Karli Potgieter en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Cluse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waarom die eenstuk opslae maak

rooi rose is mal oor die veelsydigheid van hierdie kop-tot-toonkledingstuk en voorspel dat dit nog ’n geruime tyd ’n klassieke stapelitem gaan wees. Hierdie kledingstuk is veral ideaal as jy op ’n blou Maandag vinnig in ’n uitrusting wil spring. Boonop is dit vleiend vir elke figuur sonder om jou ongemaklik te laat voel.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe om ’n eenstuk te kry wat jóu komplimenteer

Wees op die uitkyk vir ’n eenstuk wat van ’n vloeiende of ligter stof gemaak is, soos ’n linnemengsel. Sodoende kan jy dit moeiteloos in beide die snerpende koue maande en die vuurwarm Suid-Afrikaanse somer dra.

Die geheim lê in hoe jy dit stileer. Dra ’n polonektrui in ’n kontrasterende kleur onder jou eenstuk vir ’n knus voorkoms of kies ’n paar sandale en ’n mooi halssnoer in die somer. Indien jy besluit op ’n formele baadjie wat jy met ’n stylvolle hakskoen dra sal jy prentjiemooi op kantoor lyk.

Bind ’n gordel om jou middel om jou vroulike figuur te beklemtoon. Kyk ook uit vir unieke sleutelkenmerke soos praktiese sakke en knopies. Indien die broekspyp effens verkort is, kan jy subtiel spog met jou gunsteling leerstewels of sandale.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute laat jou slordig lyk

Speelpak (R750) Woolworths

’n Winteruitrusting

’n Wit polonek-trui soos hierdie is altyd ’n tydlose wenner. Die eenstuk is van duursame katoen en linne in ’n vlootblou-kleur. Moet dus nie huiwer om te eksperimenteer met ander kleure wanneer jy ’n truitjie onder die eenstuk aantrek nie, want dit sal beslis daarby pas!

Lees ook: Die 10 dinge wat in jou winterklerekas hoort

  • Eenstuk (R750) Woolworths
  • Polonek-trui (R350) Truworths
  • Loafer (R399) Truworths

Somer-sjiek

Omdat die eenstuk van natuurlike stowwe gemaak is, hou dit jou lieflik koel tydens die warm somer. Die vertikale streep-motief verleng sommer ook jou voorkoms!

#rrWenk: Moenie skrik vir ’n bonkige halssnoer soos dié een van Woolworths nie, want die somer is sinoniem met kleur.

Lees ook: Lyk ryk – 7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee

  • Eenstuk (R750) Woolworths
  • Sandale (R250) Woolworths
  • Halssnoer (R160) Woolworths
  • Horlosie van Cluse (R2 950) Luxco Importers

’n Kantoornommertjie wat wérk!

Die donker palet van hierdie uitrusting bied ’n gesofistikeerde voorkoms en maak dit ideaal vir die werk. Verruil jou kantoorskoene vir ’n enkelstewel met ’n blokhak om jou voorkoms meer informeel te maak.

#rrWenk: Vir ’n bietjie kleur is ’n nekserpie of bonkige oorringe altyd ’n goeie keuse.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

  • Eenstuk (R750) Woolworths
  • Baadjie (R1 199) Daniel Hechter, Truworths
  • Hofskoen (R440) Daniel Hechter, Truworths

Verf die stad rooi

Rooi is selfversekerd en versinnebeeld ’n opgewonde passie vir die lewe. Dus is hierdie subtiele bybehore die ideale manier om die uitrusting af te rond wanneer jy ’n skemerkelkie met jou vriendinne geniet.

#rrWenk: Stileer neutraler kleure saam met die helderrooi om die fokus te behou.

Lees ook: Mode in oormaat – pasop vir hierdie slaggate

  • Eenstuk (R750) Woolworths
  • Hakskoen (R440) InWear, Truworths
  • Beursie (R299) Truworths
  • Oorringe (R69) Miladys

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

Verbruikersgids

Woolworths

Truworths

Miladys

Cluse

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 hour Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

14 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.