Die een-lengte-bob: ons droom-post-Covid 19-haarstyl deur Suzanne Kotzé. Foto dnberty/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die een-lengte-bob bly een van die gewildste style vir 2020. Dit gaan die ideale post-Covid- styl wees, want jou uitgegroeide kuif en lae sal waarskynlik net die regte lengte wees.
“Die een-lengte-bob-styl is so gewild omdat dit die meeste gesigvorms vlei; en is veral vleiend vir die met ronde en vierkantige gesigvorms omdat dit die illusie van kontoering rondom jou gesig skep,” sê Natasja Pienaar, opleier/opvoeder van ghd Hair Suid-Afrika.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Dis belangrik om die perfekte lengte vir jou bob te kry sodat dit jou wangbene en kakebeen beklemtoon,” sê Kiara-Jade de Lange van Kevin Murphy.
“Ek dra al vir jare lank ‘n bob haarstyl en weet waar die lengte van jou bob eindig bepaal of die styl jou gesig vlei,” sê Suzanne Kotzé van Stylvol.
Die snit hierbo van Kevin Murphy is ideaal vir krulkoppe. Dit het ’n basiese bob-basislyn en omdat die hare krullerig is, het die stilis die hare vryhand in ’n golfvorm geknip sonder om te veel lae te skep.
Lees ook: Die mooiste style vir krulhare wat jy nou moet dra
’n Stomp, reguit, eenlengte-bob-snit werk veral goed as jy fyn hare het, want dit kan jou hare voller en dikker laat lyk,” sê Natasja.
Ons is gaande oor Cate Blanchett se bob, en haar paadjie werk ewe goed effens kant toe of meer na die middel, maar steeds kant toe.
Hierdie styl werk vir die meeste haartipes. As jy van nature baie dik, kroes hare het, is dit eger baie belangrik dat jy ’n baie goeie haarstilis het, anders kan die styl in ’n onvleiende driehoekvorm eindig,” sê Natasja.
Ons is gaande oor Kaia Gerber se snit. Kaia het moeg geword vir haar lang hare (wat die meeste mense/kliënte verkies dat modelle moet hê) en vertel hoe sy haarstilis Guido gesmeek het om haar hare af te knip na ’n modevertoning in 2019
Hierdie styl werk goed as jou hare van nature reguit is. Die een-lengte-bob-styl was selfs gewild tydens die New York modeweek-vertoning waar modelle tradisioneel met lang hare gesien word. Odile Gilbert, TRESemmé se New York modeweekstilis het hierdie mooi reguit bob-styl geskep.
Die lengte van aktrise Rosamund Pike se bob val op die presiese regte hoek; net onder die breedste deel van haar kakebeen.
Dit sal net nie reg wees om oor bob-style te skryf en nie die The Politician aktrise Lucy Poynton in te sluit nie. Ons het beslis ‘n girlcrush op die aktrise se bob (en styl). Maak nie saak hoe sy haar bob dra nie, dit lyk altyd benydenswaardig.
Bob met ’n middelpaadjie
’n Middelpaadjie saam met hierdie styl het ’n 1970’s gevoel, maar lyk modern. Vermy dit as jy selfbewus voel oor ’n langer gesigvorm, want dit kan jou gesig langer laat lyk.
Die uitgroeikuif-oplossing
As jou kuif nog nie ingegroei het en dieselfde lengte is as die res van jou hare nie, is hierdie gordyntjiekuif van Lucy Boynton ’n goeie oplossing. En moenie skaam wees om die langer dele agtertoe vas te steek nie, kyk net hoe elegant lyk Lucy hiermee. Dit is natuurlik ook ‘n goeie oplossing vir uitgroei inperking kuiwe!
Die styl, veral jy dit superreguit wil dra, kan jou gesig langer laat lyk. ’n Kuif is ’n goeie oplossing saam met ’n eenlengte-bob, want dit sny jou gesig en laat dit minder lank lyk.
Hayley se lang reguit bob lyk elegant. Die sypaadjie werk veral goed saam met haar meer vierkantige gesigvorm.
’n Kantpaadjie werk goed by Reese Witherspoon se hartvormige gesig. Die spasie tussen haar skouers en hare is belangrik, want dit lig die styl en is veral goed as jy jonger wil lyk.
Lees ook: Haarkleur-hulp! Wat om te doen oor wortels wat nou uitgroei
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.