Die een belangrike ding wat jy moet weet voordat jy ’n kar koop deur Anet Schoeman
Hoe maak jy seker jy koop nie ’n voertuig wat gesteel is of veronderstel om geskrap te wees nie?
Volgens ’n verslag kan tot twintig duisend voertuie wat jaarliks verkoop word, onwettig geregistreer wees.
Dit kan gebeur dat jy ’n voertuig kontant koop en agterna agterkom dat die voertuig eintlik gedeeltelik deur ’n bank besit word omdat die vorige eienaar dit nog nie afbetaal het nie.
Dis uiters belangrik om die voertuig se geskiedenis na te gaan voor jy ’n koopkontrak teken.
Dit sal jou ’n aanduiding gee of die voertuig as gesteel aangegee is, in ’n ongeluk afgeskryf is, of geskrap is.
Dit sal ook aandui of ’n versekeraar die voertuig ná ’n ongeluk herstel het, en of daar uitstaande skuld is.
Lees ook:
17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop
5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop
Wat jy moet weet oor grensposte en motorversekering
Pasop vir hierdie slaggat wanneer dit by motorversekering kom
Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland
Voorkom dat grypdiewe jou motor teiken
15 dinge wat jou help om op versekering te spaar
4 dinge waarna jy moet kyk voordat jy vakansie hou
Wat sluit jou reisversekering regtig in?
Maak seker jou lewensdekking is in plek voordat jy vakansie hou
9 dinge wat jy moet weet as jy jou fiets verseker