kategorieë: Blogs

Die donkie is ’n wonderlike ding

As die donkie balk, dan dans die hele Kroasië van Zagreb tot Dubrovnik en op die eilande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is inderdaad geen dier so inherent deel van die volksgeskiedenis as die donkie van Kroasië nie. Sonder die donkie was daar nie ‘n Kroasië soos ons dit vandag ken nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die donkie het ons meer dan 50 jaar gelede al in die toenmalige Joegoeslawië teengekom waarvan Kroasië toe nog deel was. Vir ‘n armlastige bevolking van destyds was die donkie die rydier, die plaas se vragdraer, die trekdier in die wingerde, die olyf- en vrugteboorde asook die lasdier waar paaie gemaak en geboue opgerig is. Die donkie was inderdaad die behoud van die meeste Kroatiese huishoudings omdat hy immer met sy geduldig en edelmoedige geaardheid die swaarkry in lekkerkry help verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandag rol motorwiele oor teerpaaie waar eens die donkie se pote op klipperige grondpaaie gestap het. Daar is seker vandag net soveel motors in Kroasië as wat daar 50 jaar gelede donkies was.

Maar die Kroasiërs het nie die donkie in die vergetelheid laat wegsterf nie. Snaaks genoeg was dit die inwoners van die vissersdorp Tribunj wat met ‘n Stigting vir die beskerming van die donkie en sy erfenis vorendag gekom het – ‘Hrvatski tovar’.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Uit dankbaarheid vir die donkie se bydrae tot die opbou van Kroasië is ‘n spesiale reservaat vir hulle op die klein eiland Lukovniak teenoor Tribunj geskep. Sonder die donkie sou daar geen Tribunj gewees het nie, het die inwoners gevoel. In hierdie gees kom die mense van Tribunje iedere eerste naweek in Augustus vir ‘n tamaai fees ter ere van die donkie byeen. Dan stroom tot 10 000 mense na Lukovniak waar die fees met ‘n opwindende donkiereisies afgesluit word.
Dan word die wennende donkies se gebalk, wat tot 20 sekondes elk kan aanhou, kilometers ver gehoor en is dit die teken vir geheel Kroasië om in te val by die donkiedans.

Donkiemelk is waarskynlik nie so sterk soos wyn uit die wingerd en witblits uit die kontrei se boorde nie, maar skop sit daar glo skop in donkiemelk as dit om gesondheidsredes gedrink word, moes ons uitvind. Dis dan ook nie ongewoon om donkieplase teen te kom waar donkiemelk ten duurste verkoop word nie. Of iemand soos Cleopatra vir ‘n skoonheidskuur teen vandag se prys daarin sou kon gebad het kon niemand ons sê nie.

Lig dus die glase donkiemelk. Op die wonderlike donkie van Kroasië – gesondheid! Uzdravle!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.