kategorieë: Blogs

Die ding met Mamma

"Mamma." Die stemmetjie aan die ander kant van die telefoonlyn is dun. Papierdun. Dis skuins voor ses op ’n Woensdagoggend in Mei, Mamma is al twee dae van die huis af weg. Die eerste keer in weke dat sy reis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Twee dae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Net twee dae, dink sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al TWEE dae, dink hy.

"Mamma?"

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

"Ja, Liefkind?" sê-vra sy versigtig.

"Mamma, wanneer kom jy huis toe?"

Haar hart krimp. Sy sluk. Swaar. Kan nie dadelik praat nie.

"Vanaand, Boeta, vanaand." Sy amper-tienjarige stemmetjie steeds dun: "Ok. Ek wag vir jou."

"Mamma?"

"Ja, Liefkind?"

"As jy terugkom, kan ek weer op my iPad speel?"

Aha, dink sy.

Verlang hy na Mamma, of sy iPad?

Want sien, dís die ding met Mamma (weet hy):

– sy skep ’n bord vol wortels, brokkoli én ’n skorsie, maar draai haar kop as hy dit afsluk met sy skoolsappie wat hy spesiaal gebêre het omdat hy weet sy gaan nie vir hom nog een gee nie (en hy het dit nodig om al die groen goed in te kry);

– sy verf sy kamermure duifgrys, koop ’n splinternuwe bed en laat hom toe om nuwe beddegoed te kies, maar maak in die voornag vir hom ’n plekkie as hy bangvaak aan haar kant van die bed kom staan;

– sy trap hom uit as hy vir die soveelste keer dié jaar sy huiswerkboek by die skool vergeet, maar bel vinnig-vinnig ’n ander mamma om te help en hou dan sy bewerige grootseun lyf styf vas terwyl sy belowe om nie vir Pappa te sê nie;

– sy stap winkel in en winkel uit as sy weet hy wil dolgraag skoene soos sy maters hê, al dra hy op amper-tien ’n nommer nege skoen en maak dan ’n plan met iets wat amper-amper lyk soos dit moet (vir twee keer die prys, terwyl sy "vergeet" om haar gesigroom en onderlaag te koop); en

– sy besluit ferm dat hy dié kwartaal skermloos sal bly, die iPad diep in haar kas gebêre; maar gaan haal dit dan na twee dae uit die kas "vir ’n uur, net ’n uur" se speel.

Dis die ding met Mamma.

“Is jy al tuis?” kom die sms. Dié keer Mamma se Mamma.

Want sien, dís die ding met Mamma (weet sy):

– sy dra ‘n soetdingetjie aan, al kerm jy al weke oor die skaal en sê niks as jy ‘n tweede (en soms ‘n derde) keer smul, troos net “it’s not what you do once in a while that matters, it’s what you do every day that counts”;
– sy trek in as die eerste kleinkinders kom, vat raak en tel hulle nag na nag by haar in die bed sodat jy kan slaap;
– sy vra ander se raad, soek die beste spesialis en Google kindersiektes as jy radeloos bel met stemmetjie wat kraak;
– sy bly óf doodstil óf sê soms “oooooo. . .” terwyl jy sien sy brand om te bulder wat sy regtig dink; en
– sy vra (versigtig) of jy veilig tuis is, al is jy gevaarlik naby 45.

Dís die ding met Mamma.
Sy bly jou Mamma.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.