kategorieë: Blogs

Die ding met denim

Denim fassineer my. Wat ís dit wat soveel mense al so lank sover kry om hul bene, arms en ander liggaamsdele in denim te drapeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toegegee, denim het tradisie. Die matrose van Genua het dit glo al in die sestiende eeu gedra. Die woord jeans, lees ek, kom van die Franse frase bleu de Genes, oftewel “die blou van Genua”. Denim is oorspronklik in die Franse stad Nîmes vervaardig – de Nîmes ken ons vandag as denim. Die materiaal uit Nîmes was van ’n beter kwaliteit as dié uit Genua.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis hier rondom 1870, toe al wat leef agter goud aan was, dat die duursame materiaal tot sy reg gekom het. In die VSA het Levi Strauss die briljante ingewing gehad om ’n werkersbroek met klinknaels te ontwerp wat gou ’n gunsteling onder Kaliforniese steenkoolmynwerkers geword het, veral toe Strauss dit van die keperstof uit Nîmes begin maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nadat James Dean jeans gedra het in “Rebel without a cause” was dit ’n simbool van jeugdige rebellie. Denimdraers is dikwels toegang tot teaters, restaurante en skole geweier. In die jare sestig het dit aanvaarbaarder geword en teen die 1970’s was dit ’n modegier. Tien jaar later het ontwerpersjeans die wêreld getref.

Ek wonder of dit die teenstellings is wat denim daardie ietsie ekstra gee. Dit skep ’n robuuste werkersgevoel, maar is ook gewild onder mense in gesofistikeerde kringe. Mans wat dit dra lyk manliker, maar vroue lyk steeds vroulik. Denim simboliseer protes teen konformiteit, maar word deur soveel mense gedra dat dit nie anders kan as om ’n samebindende faktor te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Denim skep die verwagting van eenvormigheid maar fnuik dié verwagting keer op keer. Ek vermoed die neurologiese bedrading wat ons van ons oergrootjies geëerf het – dat ons deel van die groep móét bly om te kan oorleef – word op ’n unieke wyse deur denim aangespreek. As denimdraers lyk ons eenders, maar anders. Presies wat ons wil hê.

Denim is vir my mooi. En ’n man in ’n blokkieshemp en denimbroek nog mooier. Veral as sy oë die kleur van bleu de Genes is en hy die gemaklikheid en krag van denim uitstraal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Margaret oor selfvertroue & snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’

Deur Margaret Gardiner. Foto's: Willem Botha.     Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer…

1 hour Gelede

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?   Die meeste van ons…

22 hours Gelede

Mediterreense groentetert

Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…

1 day Gelede

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

2 days Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.