'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Vir diegene wat lief is vir kook, kos en wyn is daar ook ’n verskeidenheid geleenthede op die feesprogram beskikbaar. Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, se aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook lewe te blaas in raakvatstories en -beskrywings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Feesgangers kan ook aansit vir ’n heerlike Leipoldt- en Rooibos-geïnspireerde Sondagmiddagete, voorberei deur die gewilde kykNET Kokkedoor-beoordelaar, Sjef Nic van Wyk, wie se kosstyl spreek van hartlike landelike geure.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gedurende die fees sal daar natuurlik ’n kunsuitstalling by Die Kunshuis wees met die werke van kunstenaars soos Ulric Roberts, Terence Visagie, Stephen Basset, San Alive en dr. Helene de Kock.
Feesgangers kan ook uitsien na optredes deur musikante soos Die Wildberries, Nic Stevens, Clanwilliam Steel Band, Michael Visser, Waldo Lotz en die kookwater Vredendal-rockers, Dobbelsteun.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wanneer: 20 – 23 Oktober
Waar: Clanwilliam, Wes-Kaap
Kaartjies vir die onderskeie produksies is vanaf Maandag, 3 Oktober, by die Cederbergfees-kantoor in Nancy’s Tearoom beskikbaar.
Besoek gerus die Cederberg Rooibos Kunstefees se webblad by www.cederbergfees.co.za vir die volledige feesprogram.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.