Die Cape Town Cycle Tour vir die jongspan. Hooffoto: shapecharge/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Daar is goeie nuus vir al die opgewonde klein mensies wat fietsry.
Die jaarlikse Cape Town Cycle Tour Junior belowe om sommer groot pret te wees as dit hierdie jaar op 3 Maart 2019 plaasvind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Daar is drie verkillende roetes binne die omgewing van die Kaapse Stadion, wat alle jong fietsryers die geleentheid bied om binne ’n veilige en beheerde omgewing ’n voorsmakie te kry van die grootste fietsren ter wêreld waar jou tyd geneem word.
Die 1,3km is vir alle ryers onder ses jaar. Vir kinders tussen ses en 12 is daar twee langer roetes van vier of sewe km wat vir die meer ervare roers ’n lekker uitdaging sal wees.
Ouers moet die ryers in die eerste groep te voet vergesel en die ryers in die groep bo ses jaar kan deur ouers op ’n fiets bygestaan word. Onthou die reël: geen valhelm, geen rit. Dit geld vir ouers én ryers op die twee langer roetes.
En die pret gebeur nie net op ’n fiets nie. Die Lifecycle Week, waarvan die Cape Town Cycle Tour Junior ’n deel uitmaak, bied soveel meer. Dit beloof om ’n dag vol verrassings en opwinding te wees met verskeie pryse en aktiwiteite.
Aanlyninskrywings is vanaf 16 Januarie 2019 beskikbaar.
Inskrywings kos R150 vir die eerste wedren en die ander afstande is R200.
Nommers kan by Canal Walk Winkelsentrum op 28 Februarie, 1 Maart en 2 Maart in die Centre Court gekry word.
Vir meer inligting en nuus “like” die Cape Town Cycle Tour Facebook-blad of volg hulle op twitter by @CTCycleTour of op Instagram @ctcycletour of besoek hul webwerf.
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.