kategorieë: Ons menseBekendes

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk, of dit sag by die kykers gaan val nie,” sê Waldemar Schultz, die talentvolle akteur wat van die heel eerste episode van die heel eerste seisoen in die skoene van Die Byl gestaan het. Nou, ná ses seisoene, is dit tyd om te groet. “Dit was ’n baie spesiale ervaring. Ons het nie toe geweet ons, die spelers, sluit by ’n familie aan wat 10 jaar lank saam gaan werk nie. Die mense en gevoel van kameraderie sal altyd by my bly.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Byl, wat Dinsdagaand 14 Januarie om 20:00 op kykNET afgeskop het, is die dramareeks met die meeste seisoene in kykNET se geskiedenis. In die sesde seisoen loop reeksmoordenaars hulle steeds vas teen Byl en sy span, maar ’n genadelose moordenaar is vasberade om vir hulle die lewe hel op aarde te maak. Dit alles terwyl Byl en sy span hulle eie demone moet beveg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die feit dat ek vir die eerste keer ’n produksie kon aanpak waar ek in die ware sin saam met die regisseurs, vervaardigers, skrywers en medespelers kon werk en bou aan die karakters en die vertel van die storie, was vir my ongelooflik bevredigend, kreatief, en natuurlik ook soms angswekkend,” sê Waldemar. “Jy werk altyd teen tyd (én begroting) en dit was vir my ontsettend belangrik om die stories geloofwaardig en met integriteit te vertel. Soms was dit ’n gespartel om al mens se eendjies in ’n ry te hou, maar daar was altyd fantastiese samewerking en ondersteuning van die hele span.

Wat was sy persoonlike hoogtepunte oor die ses seisoene? “Elke seisoen het op een of ander manier ’n gedaanteverwisseling ondergaan en nuwe vrae, raaisels en uitdagings gebring,” sê hy. “Daar was so baie uitsonderlike herinneringe, oomblikke, verhoudings en magic spells – te veel om te noem! Soms het ek op stel gestap vir ’n toneel waar ek net daardie een keer teenoor die ander speler speel en dit het soms onverwagse kreatiewe keuse en chemical cocktail gebring, maar dan lóóp daardie toneel. Baie van daardie was vir my hoogtepunte. Maar dan ook: om met die spanne, spelers, die mense agter die kameras die kreatiewe journey van hierdie ses seisoene te kon deel, was deur en deur ’n hoogtepunt van my loopbaan!”

Waldemar sê die sesde seisoen is uitdagend. “Dis donker, kompleks, en hopelik beide angswekkend en boeiend. Oor storielyn(e) wil ek niks sê nie, maar ek hoop en glo daar gaan menige vingernaels geknaag word voor die kassie! Van my gunsteling-reaksies op sosiale media is as mense sê: “Ek kon nie meer kyk nie, maar ek kon nie ophou kyk nie!”. So haak in by ’n geliefde se arm, en loer wat jy kan tussen die vingers deur.”

Lees ook: 10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Seisoen 5 en 6 is vervaardig sonder Leon Kruger (hoofskrywer) en Herman Binge (hoofvervaardiger) wat al twee in 2021 oorlede is.

“Beide seisoen 5 en 6 is ons huldeblyk aan hulle,” se Waldemar. “Ook aan ons Dok Fritz, Erik Nobbsk, wat in 2022 oorlede is. Maar ek dink dis ’n goeie tyd om klaar te maak. Ek is darem al 10 jaar ouer as toe ons begin het en arme ou Van der Bijl is al deur só baie geweld, moord en doodslag in sy lang loopbaan, dalk sal hy bly wees vir ’n bietjie vrede.”

Wat sal sy afskeidswoorde aan Byl wees?

“Ek is nie so seker ek wil koebaai sê nie: dalk hoop ek nog hard vir ’n speelfilm!” sê Waldemar.

Die Byl wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: KYK | Dricus du Plessis vier sy verjaarsdag én verlowing!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

11 hours Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

14 hours Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

16 hours Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

1 day Gelede

Gee jou tuin aandag ná die vakansie

As ’n mens van ’n vakansie terugkeer, stel die meeste tuine dikwels vele uitdagings. Dit…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.