kategorieë: Ons menseBekendes

Die boere het besluit, hier’s die dames wat op die plaas gaan kuier!

“Elke verhouding is uniek en iets waaroor ek seker is, is dat jy saam moet kan pret hê om die lewe te kan geniet,” sê Marciel Hopkins, programaanbieder van kykNET se gewilde maatsoekreeks Boer soek ’n vrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In hierdie episode het die vyf boere met die vyf dames wat hulle na die blitsafsprake gekies het, by Surval Boutique Olive Estate in Oudtshoorn gekuier om drie dames te kies wat by hulle op die plaas gaan kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Boer Quintus

Hy het gesê jy kan nie werklik iemand opsom uit wat in ’n brief staan nie. En tydens ’n kuier onder ’n lieflike koelteboom het hy sy vyf keuses van nader leer ken.

Die groot vraag is natuurlik wie die een gaan wees vir wie boer Quintus, wat erken dat hy maklik grappies maak, so ver gaan kry om sy diep en romantiese kant te wys?

Toe word dit tyd om mekaar beter te leer ken. Die speletjie het behels dat die dames foto’s moes stuur wat op ’n swart bord geplaas is. Die groep moes toe raai aan wie die foto’s behoort.

Boer Quintus was ten volle bewus van die onderlinge kompetisie in die geselserige groep en wonder of die handskoene later gaan afkom.

Boer Quintus se keuse

Ria, Veronica en Emsoné word plaas toe genooi.

Monique het erken sy’s baie verlig dat sy nie plaas toe genooi is nie. Bianka is die tweede dame wat ook nie sy perd van nader gaan leer ken nie. Sy glo wel sy’s een van daardie mense wat twee groot liefdes in haar lewe gaan hê.

Boer JW

Volgens JW sal sy twee honde hom in sy keuse bystaan, want diegene wat plaas toe genooi gaan word, moet hulle harte ook verower.

“Moenie te veel worry oor die ouers nie, worry oor die honde,” het hy laggend laat hoor.

Alhoewel hy effe op sy senuwees was met die groepskuier, was boer JW opgewonde om vrae te vra en antwoorde daarop te kry.

“As sy net weet wat op die plaas aangaan of belangstel of wat ookal, sy moet nou na ’n boom kan kyk en sê dis darem ’n appelboom en ’n peerboom,” het hy hulle verseker.

Dieselfde speletjie om mekaar beter te leer ken, is ook deur boer JW en die vyf dames gespeel. Dit wissel van babafoto’s tot hoërskoolpret, hul gunstelingkos en troeteldiere.

Boer JW het vir Mieke gesê hy het baie liefde om te gee, maar dit moet vir die regte persoon wees en dat daardie persoon nie met hom sal mors nie.

Boer JW se keuse

Danelle, Mieke en Nevé is die drie wat boer JW se twee honde se harte moet verower.

Nicolene word huis toe gestuur. Sy het gesê sy gaan eers lekker huil, dan opstaan en aanbeweeg. Michaela gaan ook nie plaas toe nie. Sy was baie spyt dat hulle nie meer tyd gehad het om mekaar beter te leer ken nie.

Boer Niel

Hy het nie geweet hoe hy uit die vyf mooi vroue gaan kies nie. Maar vroeg-vroeg waarsku hy dat as een van hulle sy vrou gaan word, hy haar waarskynlik mal gaan maak met sy passie vir gholf.

Die vonkelwynprop het die hoogte in geskiet toe hy en sy gekose dames die foto-speletjie begin speel het. En dis ’n senuweeagtige boer Niel wat die foto’s begin opsit want die dag is nie net in sy hande nie, die dames speel ook ’n rol daarin.

Hy het wel gesukkel om van die dames volgens hul foto’s te identifiseer.

Boer Niel se keuse

Hestia, Aniska en Mikal kan nie breër glimlag nie. Ja, hulle gaan met die sjarmante boer Niel op sy plaas kuier.

Leandri moes haar tasse pak, maar sy glo haar deksel is nog daar buite. Marjohandé se hart was seer en sy hoop iemand sien haar raak en aanvaar haar vir wie sy is.

Boer Jacques

Hy het volgehou dat hy na persoonlikhede kyk, en die agtergrond nie vandag vir hom saak maak nie.

Tydens die speletjie om mekaar beter te leer ken, was daar baie gelag. Boer Jacques erken daar is meisies met bitter sterk persoonlikhede, maar ook twee wat oordonderend is.

“Dan is daar twee wat weet wie hulle is en dit pla hulle nie,” sê hy. Verder het hy gedink al die meisies is baie oulik, maar dat daar ’n paar struikelblokke is wat gaan keer dat sake tussen hulle sal uitwerk.

Boer Jacques se keuse

Hy laat Marciel na haar asem snak toe hy sê hy gaan eers kies as hulle voor hom staan, maar hy stel haar gerus dat hy na sy instink gaan luister.

Sharezaan, Nicole en Dánika is meer as slaggereed om plaas toe te gaan, en sê die “plaas weet nie wat hulle weet nie!”

Miné voel die feit dat boer Jacques haar naam verkeerd gehad het, was reeds ’n rooi vlag vir haar om haar tasse te pak. Wilmi hoef ook nie binnekort planne te maak om haar onderwysloopbaan te groet nie.

Boer Daandré

Boer Daandré, geklee in sy “stadsklere” was kinderlik opgewonde omdat die soeke na ’n vrou iets is waarvoor hy so lank gehoop en gebid het, hy het wel erken dat die vooruitsig hom senuweeagtig maak.

Hy het die vyf meisies verbaas toe hy erken het dat hy nog nooit in ’n vaste verhouding was nie. Sy rede? Hy wou nie iemand se tyd mors nie.

Kykers ervaar die meisies se spanning en ongemak wanneer hul vir Daandré se aandag meeding en dit word aan “twee meisies wat die groep ooordonder” toegeskryf.

Tydens die foto-speletjie het boer Daandré gewys dat hy aandag aan die detail gee en het die meeste van die foto’s reg geraai.

Boer Daandré se keuse

Die jong boer het gesukkel om sy emosies onder beheer te kry en die trane het in sy oë geblink toe dit tyd was om sy keuses te maak.

Elizette, Marisca en Lize-Mari is vol hoop oor wat hulle op die plaas gaan ervaar aan die sy van boer Daandré.

Liné het gesê boer Daandré beskik oor die eienskappe wat sy nie eers gedink het sy in ’n man sal wil hê nie. Zandelee word ook gegroet. Sy’s hartseer maar sy hoop haar toekomstige man het haar raakgesien.

KykNET soek boere vir 2025

Inskrywings vir boere vir die 17de seisoen van Boer soek ‘n Vrou, wat in 2025 op kykNET uitsaai, is nou oop. Boere kan só inskryf

  • Bel: 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com

Boer soek ’n vrou word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

7 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

7 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

23 hours Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.