kategorieë: Nuut & NouKos

Die biergier!

Ken jou bier

Bierstyle val in die kategorie van ’n ale of lager. Die verskil lê in die fermentasieproses en die daaropvolgende geure wat ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Ale is die oupa van die biere en word al eeue lank gebrou. Met ’n ale word warm fermentasie gebruik en dit onderskei dié bier van ’n lager. Jy kry ’n verskeidenheid ale, soos ligte ale, bruin ale, porters en moutbiere. Ale word deur ’n vrugtige karakter gekenmerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Met ligte ale word die vaal mout liggies gerooster om ’n meer elegante geur te gee. Bruin ale of donker ale het ’n donker amberkleur en is ’n ouwêreldse styl bier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ken jou bierterme

• Lager gis langer by laer temperature. Die woord “lager” beteken “stoor” in Duits en verwys na die destydse gebruik om die bier in grotte te stoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Pilsner is ’n bekende lager-styl bier met sy oorsprong in die Tsjeggiese Republiek. Die bier het ’n kenmerkende bitter nasmaak.

• Amber beskryf ’n ale of ’n lager, en verwys na die bier se goudkleurige voorkoms.

• Weiss-biere word van koring gebrou. Die twee bekende soorte is Krystal Weiss en Amber Weiss.

• IPA of Indian Pilsner Ale het in die 1700’s ontstaan toe Engelse troepe in Indië was. Om die rakleeftyd van die bier te verleng is meer hop, ’n natuurlike preserveermiddel, bygevoeg.

Brou jou eie

Besoek www.beerlab.co.za  vir meer inligting oor tuisbrou-stelle en bierbrouklasse.

Reël jou eie bierfees tuis! By www.yuppiechef.com  kan jy ’n groot verskeidenheid craft-biere bestel. Hulle lewer landwyd af.

Koop ’n broustel: Mangrove Jack’s Brewing Co. se beginnerstel gee alles wat jy nodig het om 23 liter bier te brou (net nie die bottels nie) en kos sowat R995. Kyk by www.mangrovejacks.com. Jy kan ook by hulle ’n verskeidenheid brouersgis koop, soos Munich Lager, British Ale en  Bavarian Wheat.

Bieretiket

Die skuimlaag op bier is  nodig om die aromatiese hop, esters en alkoholgeure vas te vang en die lekker van die bier te verleng.

Skink so

Bier uit ’n blik of glasbottel se gas is te aggressief en belemmer die geur. Wanneer die bier in ’n glas geskink word, vorm die skuimkop waarin die meeste geure vasgevang is. Hou die glas teen ’n hoek van 45 grade en skink die bier teen die kant van die glas af terwyl jy die glas stadig regop bring hoe voller die glas word. Skink die laaste derde van die bier in ’n regop glas.

Temperatuur

Nes wyn, moet bier ook by die regte temperatuur bedien word. Lagers is op hul beste tussen 6 – 9 °C en ale tussen 7 – 11 °C. Swartbier (stout) kan selfs by ’n warm 13 °C gedrink word.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp
Tags: bieralkohol

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

12 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

16 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.