Probeer ook hierdie resepte:
Maak self Dalgona-koffie, die nuutste koffie-gier
Dié beste wortelkoek
Ingredients
- Maak papierdun witsjokolade-skerwe wat in die versiersuiker gedruk word om soos delikate roosblaartjies te lyk.
- 250 g wortels, grof gerasper
- 1 x 400 g-blik pynappelstukke, gedreineer
- 3 groot eiers
- 180 ml (¾ k) karringmelk
- 500 ml (2 k) suiker
- 375 ml (1½ k) olie
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 200 g makadamianeute, liggies gerooster
- 750 ml (3 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) sout
- 5 ml (1 t) kaneel
- 5 ml (1 t) gemmer
- ’n knypie fyn naeltjies
- Roomkaas-versiersel
- 2 x 230 g-houers roomkaas
- 180 g versiersuiker, gesif
- 400 g gehalte-witsjokolade
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n groot muffinpan of een groot pan met bakpapier uit.
1 Meng die wortel, pynappel, eiers, karringmelk, suiker, olie, vanielje en neute goed saam in ’n groot mengbak.
2 Sif die meel, koeksoda, bakpoeier, sout, kaneel, gemmer en naeltjies saam. Roer by die wortelmengsel.
3 Skep die beslag in die voorbereide pannetjies tot sowat drie kwart vol. Bak in die voorverhitte oond vir 30 min. tot goudbruin, of tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
4 Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel voor jy dit uithaal.
5 Sjokolade-“blare”: Smelt die wit sjokolade ’n dubbelkoker oor lae hitte en smeer met ’n paletmes so dun moontlik op ’n koue, skoon werksvlak. Laat die sjokolade set en maak die krulle en skerwe deur die lem van ’n slaplem- of koksmes van bo af liggies na jou toe te trek. Tel die skerwe versigtig met die lem op en hou in die yskas koud. ’n Mens moet soms die sjokolade ’n paar keer opskraap, smelt en weer smeer voor jy skerwe kan maak.
6 Versiersel: Meng die roomkaas liggies en voeg die versiersuiker by. Roer vinnig deur maar moenie oormeng nie. Hou in die yskas tot die koek heeltemal afgekoel het en smeer ’n laag oor elke kolwyntjie. Rangskik die sjokoladeskerwe bo-op in die vorm van ’n roos.