kategorieë: DekorDoen dit self

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie om ontslae te raak van alles wat vir jou spesiaal is nie. Inteendeel, dit stel jou in staat om die dinge wat vir jou spesiaal is meer te kan waardeer. Ons het by Lizelle Tenten gaan kers opsteek oor hierdie taai toffie. Haar boek Declutter is tans op Amazon beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om ’n klottervrye huis te kry

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bepaal wat is klotter

Die eerste en belangrikste stap is om vas te stel wat is klotter en wat nie.

Klotter is niks anders as die goed wat ons by ons voordeur indra wat nie ‘n spesifieke plek kry nie.

Daar is baie verskonings vir klotter in ons huis:

“Ek is die enigste een wat my bekommer oor hoe ons huis lyk.”

“Ek kan net nie byhou met die kinders se gemors nie.”

“Daar is nie tyd nie.”

En so kan ons aangaan …

Maar klotter beroof ons van lewensgehalte.

Lees ook: Ons 6 gunsteling-pakwenke van Marie Kondo

5 dinge wat klotter in beslag neem

Klotter beroof ons van hierdie 5 dinge

Lees ook: 13 dinge wat jy tydens sosiale afsondering, of social distancing, kan doen

1. Ruimte

Deur gereeld te moet grawe vir wat jy soek, of om items rond te skuif om iets in die hande te kry, kan enige plek beknop laat voel.

Lees ook: Maak die meeste van jou klein leefspasie

2. Geld

Die meeste mense is onbewus van die effek wat klotter op ons finansies het. Selfstooreenhede duik oral op en is nie goedkoop nie. Die probleem is net dat selfstooreenhede nie die oplossing vir klotter is nie. Dit sal ook finansieel voordelig wees om nie net te ontklotter nie, maar op te hou bymekaarmaak.

Vir nog goeie raad om nou beheer oor jou finansies te neem, loer hier.

3. Tyd en energie

Jy mors tyd en energie deur konstant vir items te soek. Klotter is ‘n groot oorsaak van spanning, en dit is bewys dat spanning jou energie steel en jou emosioneel kan knak.

Lees ook: Orden jou lewe

4. Gesondheid

Klotter het ‘n regstreekse invloed op ons gesondheid, want dis ‘n opgaarplek vir stof, en stof is die oorsaak van baie respiratoriese probleme.

5. Verhoudings

In sekere gevalle kan klotter selfs ons verhoudings skaad. Jy voel dalk ongemaklik oor al die klotter in jou huis en dit ontneem jou van die selfvertroue om vriende en familie oor te nooi en so gesonde verhoudings te bou.

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees

Ontklotter nou en verander jou lewe

Die besluit om jou huis te ontklotter sal jou lewe verander. Dink net, meer tyd om aandag aan jou kinders te gee, tyd om die dinge te doen waarvan jy hou, of sommer net op die bank te sit met ‘n koppie koffie …

Om jou huis te ontklotter het baie ander voordele: Dit verhoog produktiwiteit en kreatiwiteit; jy kan ander mense help met die items wat jy nie meer nodig het nie; jy weet waar jou goed is en daar is meer plek; dit verminder angs; help jou om die verlede te laat gaan; verbeter fokus; en help dat jy rustiger en minder oorweldig voel.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Maar …

Moenie jou huis probeer ontklotter sonder ‘n vooraf uitgewerkte plan nie. En onthou, moet jou nie bekommer oor ‘n klein hoeveelheid klotter in jou huis nie. Dit is die huis waarin jy moet woon en herinnering bou, en dit hoef nie altyd perfek te wees nie.

Een leser vertel

rooi rose het gaan aanklop by ‘n leser wat op die harde manier van ontklotter geleer het.

Nicola Smit*

Ek het my ná ‘n huwelik van dertig jaar alleen bevind. Ek moes van ‘n groot huis na ‘n woonstel verhuis. Skielik was ontklotter ‘n werklikheid. Daar kon net soveel van my besittings in ‘n woonstel pas.

My raad:

  • Kies net die belangrikste en kosbaarste besittings.
  • Raak ontslae van alles wat jy vir minstens drie jaar nie gebruik het nie.
  • Verbleikte beddegoed en dun handdoeke moet gaan.
  • Kies jou beste foto’s en sit dit op jou rekenaar. Raak ontslae van die res.
  • Gooi ou, onnodige dokumente weg.
  • Hou net genoeg breekware en skenk die res.
  • Dieselfde geld jou medisynekas. Gooi medisyne buite die vervaldatum weg. (Doen dit verantwoordelik.)
  • Ontklotter jou klerekas.
  • Doen dieselfde met jou kruideniersware.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

3 days Gelede

Soetpatat-tortillas

Genoeg vir 4 Bestanddele   400 g heel patat in die skil (gebruik geel patats,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.