Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Chanel
Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie
Ons het die beste vakansiegrimering-idees vir jou grimering die vakansie; van ’n braai tot Kersfees of ’n Nuwejaarspartytjie.
Glansryk en afgerond met rooi lippe vir wanneer jy wil uithang
Die glansryke voorkoms van Chanel se beperkte uitgawe Holiday 2019-voorkoms is ideaal vir ’n deftige Kersete of Nuwejaarspartytjie.
Gabrielle Chanel se liefde vir ornamente was die inspriasie agter die glansryke voorkoms,” sê Lucia Pica, Chanel se kreatiewe direkteur van kleur en grimering. Net soos Mademoiselle Chanel bekend was vir haar ‘minder is meer’ motto was sy ook tog gefassineer deur estetiese oordadigheid. “Die vrou wat ek myself verbeel wat van die voorkoms hou is heeltemal Chanel,” sê Lucia. “Sy soek tydlose eenvoud, maar sy hou ook van rykheid en glans, moderniteit en grandeur.”
Die goue grimeer-reël is gewoonlik ‘óf lippe, óf oë’. Wat die voorkoms egter modern maak en keer dat dit outyds en oordadig lyk is die glansende vel. ’n Wenk van Chanel se Lucia Pica (kreatiewe direkteur van kleur en grimering) is om beklemtoningspoeier (Chanel Exclusive Creation Ombre Premiére R655) voor of na grimering rondom jou oog-area te gebruik vir ’n glansende voorkoms.
Die mooi lipkleur is Chanel Exclusive Creation Rouge Allure Rouge Spectaculaire A True Red (R835), op haar oë is Exclusive Creation Les 4 Ombre Lumiére Et Opulence A Dark Gunmetal Khaki, Soft Peach, A Bronzy Khaki, A Chocolate Brown (R980), ) en Stylo Yeux Waterproof in Khaki Intense A Druk Gunmetal Khaki (R465) gebruik.
Lees ook: Die beste wenke om hierdie somer gesonde hare te kry
Brons met groot wimpers vir braai of informele kuiers
Brons skakerings werk mooi saam met groot wimpers en dit lyk sexy, dog natuurlik en asof jy nie te hard probeer nie.
“Verbronser is die maklikste manier om jou ’n goeie skeut sonkrag te gee. Gebruik dit sommer oral van jou oë tot jou wange en selfs op jou lippe saam met ’n lipbalsem vir ’n monochromatiese voorkoms,” sê Marco Louis Acker, senior grimeerkunstenaar vir MAC Cosmetics Africa. Jy kan selfs ‘n paar enkel-wimpers opplak (soos wat waarskynlik met die model gedoen is).
Lees ook: Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra
Kuieraande uit met aandagtrekkende oogomlyner
Hierdie voorkoms van model Grace Cheng wat Wet’nWild geskep het, is die ideale manier om met oogomlyner te eksperimenteer as jy jou gewone kat-oogvoorkoms in iets meer modern wil verander. Trek oogomlyner tot by die buitehoeke van jou oog. Trek nog ’n fyn strepie in die buitenste deel van die oogvou en trek dit na die eerste streep.
Lees ook: Selfverbruining – sonder die geel strepe
Lees ook: Wees sonskerm-slim hierdie somer