Die beste tendense van die jare tagtig is terug in 2020 en dis hoe jy dit moet dra deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Zara
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die tagtigs het gebel en gesê jy lyk wonderlik! Hier is 7 trends wat jy beslis in 2020 moet probeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die tagtigerjare maak ’n massiewe terugkeer: Moue het die afgelope tyd ’n groot modefokuspunt geword en skerp skouers met skouerkussings was oral te sien. Hierdie styl skep volheid bo vir dié van ons wat aan die platter kant is.
Stileer dit modern saam met jeans of gaan voluit 80’s met ’n laer soom en gordel.
#rrWenk: Probeer om jou wit T-hemp vir ’n wit pofmou te veruil en kyk hoe kikker dit jou voorkoms op.
Lees ook: Omhels vanjaar neon (en ja, jy kán dit dra!)
Bloes met pofmoue (Zara)
Het iemand gesê “partytjie”? Ons is gaande oor die pofmoue van die tagtigerjare se rokke omdat dit soveel pret is en jou voorkoms opkikker. Pofmoue maak ‘n stelling en dra by tot volheid wat die res van jou lyf uitbalanseer.
Die rok is ewe geskik vir die dag en kan maklik met behulp van hakskoene getransformeer word vir ‘n aandpartytjie.
Lees ook: Die beste sonbril-trends vir 2020
Rokkie met sebra-patroon (Zara)
Hoewel ligte denims nie as die vleiendste in die jeans-familie beskou word nie, is dit wel die coolste een. Die verbleikte en gevlekte styl is nou een van die grootste tendense. Probeer eers ‘n effe uitgewaste denim wat by alles pas.
#rrWenk: Dra dit saam met ‘n lospassende baadjie en T-hemp.
Lees ook: 1 item, 3 maniere: Dra só die Espadril-skoen
Jeans (Levi’s)
Hierdie styl kan as ’n jas of rok dien. Rond dit stylvol af met ’n paar denims en hakskoene en jy’s reg om die dag aan te pak.
Die gordel bo-oor die jas skep definisie om jou middellyf en is ’n gewilde styl wat verlede jaar kop uitgesteek het.
Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur! Volg ons handige gids
Jas met gordel (Zara)
Die gewilde staatmaker is nog lank nie vergete nie. ’n Klassieke wit tekkie is ’n moet-hê in elke vrou se klerekas. Net soos in die jare tagtig dra ons hulle ook vandag by alles: pakke, jeans, oefenklere, of selfs ‘n rok of romp.
Lees ook: Die mooiste sonhoede wat jy nou moet dra
All Star tekkies (Converse) Die beste tendense van die jare tagtig is terug in 2020 en dis hoe jy dit moet dra
Skouerkussings en reghoekige silhoeëtte was die stapelitems van die tagtigerjare. Die struktuur wat dit aan ’n hemp of baadjie gee, is op ‘n vreemde manier baie vleiend.
Terwyl hierdie styl jou skouers breër laat lyk, lyk jou heupe outomaties smaller; en net soos die wit tekkies, dra ons hierdie item by alles.
Baadjie (Zara)
’n Greep uit die jare tagtig is nie voltooi sonder daardie groot en bonkige oorringe nie. ’n Mens kan enige uitrusting met hierdie styl opkikker en jy het nie veel meer versierings nodig nie. Hou die res van jou uitrusting eenvoudig en vermy ander juwele daarmee saam.
Oorringe (Mr. Price)
Kry dit hier:
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.