Nostalgie, weer eens! Langenhoven is sekerlik een van die vorige eeu se groot bastions in die vestiging van Afrikaans as ’n taal. Die boek herinner jou weer aan die rede daarvoor. Hy was ’n regsgeleerde, joernalis en politikus en sy vermoë met storielyne, intriges en ontknopings bly tot vandag toe uitstekend. Sy kennis van sielkunde, die natuur en sy geliefde Klein-Karoo skemer heeltyd deur en sy styl wissel van spitsvondig en ernstig tot satiries.
Gaan lees ’n bietjie oor die tyd van handtasse, perdekarre en die Groot Griep van destyds.
Uitgewersprys R200
rooi rose R180