Die beste sjokoladebruintjies. Deur Vickie de Beer
RESEP: Die beste sjokoladebruintjies
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 22 cm x 32 cm-oondpan met bakpapier uit. Die papier moet oor die pan se sykante hang. Spuit met kleefwerende kossproei. 1 Meng die meel, kakao, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak en hou eenkant.Die beste sjokoladebruintjies
Ingredients
Instructions
2 Sit die botter en sjokolade in ’n glasbak wat op ’n groot kastrol met borrelende kookwater pas. Smelt oor ’n lae hitte tot glad. Verwyder.
3 Voeg die suiker by en roer deur. Voeg die eiers by, dan die meelmengsel en laastens die pekanneute. Meng deur, maar moenie te veel meng nie.
4 Gooi die beslag in die voorbereide oondpan. Bak vir 50 min. tot ’n toetspen skoon maar klam uitkom. Haal die pan ’n bietjie gouer uit as jy van klam bruintjies soos op die foto hou.
Lees ook:
Souserige sjokolade-en-brandewyn-poeding
Beste, maklikste sjokoladekoek!