kategorieë: WenkeMode

Die beste raad vir skoene wat stink

Die beste raad vir skoene wat stink deur Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om te voorkom dat jou skoene sleg begin ruik

Daar is stappe wat jy kan neem voordat jy jou skoene dra om die reuk te verminder.

Lees ook: Hoe om jou wit tekkies te was

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Was jou voete deeglik

Die bakterieë op jou voete vermeerder deur die loop van die dag, dus moet jy jou voete goed was in die stort of bad. Was dit deeglik met seep en moenie die areas tussen jou tone vergeet nie. Maak jou voete goed droog voordat jy skoene aantrek.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute laat jou slordig lyk

2. Gebruik ’n voetpoeier of babapoeier om sweet te absorbeer

Poeier is ’n goeie manier om te verhoed dat jou voete klam word. Die poeier het boonop ’n aangename en subtiele reuk.

Lees ook: 7 maniere om luuks te lyk op ’n begroting

3. Laat jou skoene asem skep

Jou skoene het ook vars lug nodig. As dit lekker sonnig buite is, los jou skoene vir ’n rukkie buite. Sit dit net hoog genoeg dat die honde en kinders dit nie kan beetkry nie …

Lees ook: Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

4. Probeer sokkies wat ontwerp is vir sweterige voete

Baie sport-handelsname het spesiale sokkies wat ontwerp is om voete droog te hou.

Lees ook: 10 wenke om jou figuur te vlei

5. Kies jou materiaal slim

Dra leer- of lapskoene, wat jou voete laat asemhaal, anders as met plastiekskoene.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

6. Moenie twee dae agter mekaar dieselfde skoene dra nie

Ons het almal ’n geliefkoosde paar skoene wat ons elke dag sou wou dra, maar om twee dae (of meer) agtermekaar dieselfde skoene te dra, is ’n resep vir skoene wat begin sleg ruik. Om dit twee dae na mekaar te dra, gee nie genoeg tyd om heeltemal droog te raak na die vorige dag se dra nie.

Maak jou skoene so skoon

Sommige skoene, soos laptekkies, kan in ’n wasmasjien gewas word as jy dit in ’n sak of kussingsloop sit. Maar pasop, ander materiale, byvoorbeeld ’n kurksool, sal disintegreer tydens masjienwas.

Lees ook: Ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit mag maak nie

1. Probeer koeksoda

Gooi ’n bietjie koeksoda in jou skoen en laat dit oornag staan. Gooi die koeksoda die volgende oggend uit (wees egter versigtig wanneer jy koeksoda met leerskoene gebruik; met herhaalde toedienings kan dit te veel uitdroog).

#rrWenk: Maak jou eie oplossing. Meng ewe veel water en asyn en spuit ’n klein bietjie in jou skoen (nie te veel nie!). Maak seker dat die skoen behoorlik droog word voordat jy dit weer dra.

Lees ook: Hoe om jou matte sonder ’n matwasmasjien skoon te maak

2. Swart teesakkies

Swart tee bevat tanniene, wat sal help om die opgeboude bakterieë in jou skoene dood te maak en om die reuk te laat verdwyn. Sit die teesakkie twee tot drie minute in kookwater. Verwyder die teesakkie en laat dit afkoel en uitdroog. Plaas dit vir ongeveer ’n uur in jou skoen as ’n natuurlike afweerder. Maak die oortollige tee op die skoen skoon nadat jy dit verwyder het.

3. Essensiële olies

Drup ’n paar druppels bloekom-, naeltjie-, of teeboomolie in jou skoen om dit ’n verfrissende reuk te gee. As jy nie die olie direk op jou skoen wil gooi nie, drup dit op ’n stuk kombuispapier en plaas dit oornag in jou skoen.

Lees ook: 7 dinge wat jy moet weet voordat jy weer ’n matras koop

4. Vries dit

Ja, jy het reg gehoor. Indien jy agterkom niks anders werk nie, probeer jou skoene vries. Sit jou skoene in ’n seëlbare plastieksak. Laat hulle oornag in die vrieskas om die  bakterieë dood te maak.

Hooffoto: Ready made vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.