Die beste raad vir lelike, lastige vratjies deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die boereraatboek, Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, het rate wat mens laat ineen-krimp, soos om warm kersvet op jou vratjie te drup. Nog een is glads romanties: jy wag tot volmaan en blaas die vratjie maan toe; doen jy dit getrou, sal jy sien jou vratjie verdwyn binne twaalf volmane. D
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }ie meeste ander rate is meer konkreet: jy smeer iets aan soos een of ander plantsap soos vyesap, of ’n olie soos paraf-fien of iets met ’n alkoholbasis soos Eau de Cologne 4711 (net ons ouer lesers sal weet wat dit is!) of brandspiritus.
Party beveel iets te drinke aan – maar so droog soos kalkwater.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ondanks eeue se rate is vratjies steeds met ons. Selfs navorsing het ons nog so min geleer dat ons steeds moet staatmaak op ’n goeie dosis geluk om van hulle ontslae te raak. Ja, jy kan maar netsowel maan toe blaas. Tog is daar ’n paar dinge wat die skaal in jou guns kan swaai.
Hier is wat ons weet:
Moontlik. Maar nie aan vitamiene nie. Die Oxford University Hospitals sê ’n sinkaanvulling help vir baie mense. In ons land is ’n sinktekort juis baie algemeen. Probeer dit vir minstens drie maande. Moontlik is jy een van die gelukkiges wat so maklik van ’n vratjie ontslae raak.
Dit is ’n algemene siening, aangesien mense met ’n onderdrukte immuunstelsel (soos dié op sekere medikasies) wel meer geneig tot vratjies is. Maar die meerderheid mense met vratjies is heeltemal gesond, en hul immuunstelsel werk uitstekend.
Nee wat, dit gebeur nie. Maar kyk ook na vraag 5.
Moesies en angiome en so aan is aantastings van jou vel, en is letterlik deel daarvan. Dit is deels waarom hulle gevaarlik kan wees. Jy kan ’n vratjie eerder met ’n parasiet vergelyk wat bo-op jou vel kom sit. Dit word deur die papilloomvirus veroorsaak, wat hom in jou dermis tuismaak en jou velselle as bron gebruik vir kos en om te vermeerder. Die virus dring veral die dermis binne as jy ’n snyplekkie het. Dit kan 2-6 maande neem voor hy as ’n vratjie sigbaar is.
Ja, maar nie heeltemal nie. Die soort waaroor ons liewer nie praat nie, naamlik die genitale vratjies wat mans en vroue kan tref, is wel familie van gewone vratjies maar hulle val in ’n ander “klas”, as jy dit so wil stel.
Álle soorte vratjies word deur die menslike papilloomvirusse (MPV, of HPV op Engels) veroorsaak. Daar is meer as 150 soorte MPV’s, en elkeen veroorsaak sy eie kenmerkende vratjie. Soos dit met familie gaan, is party ook baie gevaarliker as ander:
• MPV tipe 1, 2, 4, 27 en 57 veroorsaak lastige maar onskadelike vratjies op die hande en voete.
• MPV tipe 3 en 10 veroorsaak onskadelike plat vratjies op die arms, bene en gesig.
• MPV tipes 6 en 11 veroorsaak 90% van pynlike genitale vratte. Dit word deur seks versprei.
• MPV tipes 16 en 18 veroorsaak byna alle gevalle van servikale kanker.
Lees ook: Wat ouers van die HPV-vaksien moet weet
Alles oor papsmeer en die HPV-vaksien
Wat elke vrou oor MPV moet weet
Vratjies is aansteeklik as jy direk daaraan raak maar dit lyk asof ons meer bestand raak teen die vratjievirus wanneer ons ouer word. So wys die beskikbare ondersoeke oor die voorkoms van vratjies dat kleintjies en mense bo dertig byna nooit vratjies kry nie (minder as een tot vier mense per honderd), terwyl talle kinders vratjies kry, met tot een uit elke vyf in Brittanje, en een uit elke drie kinders in Nederland, wys twee opnames.
Teen die tyd dat jy op hoërskool of in die twintig is, is jy klaar minder geneig tot vratjies.
Dit lyk asof die virus makliker vastrapplek kry waar die vel nat (en dus sag) is en/of stukkende plekkies het. Dit kan verklaar waarom sekere groepe volwassenes meer dikwels vratjies het, soos mense wat met rou vleis werk, soos slagters en vissermanne, en mense wat kaalvoet openbare storte en swembaddens gebruik.
As jy ’n vratjie het, moet jy versigtig wees met wat jy deel: mense kan vratjies aansteek as julle saam voetskuurders, sponse, vadoeke, skropborseltjies vir voete en naels, naelvyltjies en naelknippers gebruik.
Vratjies is gewoonlik vleeskleurig – van witterig-pienk tot bruin. Die swart spikkels in party vratjies is eintlik klein, geblokkeerde aartjies.
Ligter vratjies is nie veiliger as donker vratjies nie. Dit is eerder belangrik om dop te hou vir kleurverandering, want dit kan beteken dat jy nié ’n vratjie het nie maar ’n moesie, met die risiko op velkanker. Laat ’n dokter daarna kyk.
Dit is nie lewensgevaarlik nie. Maar jy kan die virus met jou vingers verder versprei na jou gesig of ’n ander plek op jou vel – of na iemand anders.
Die meeste vratjies verdwyn tipies binne 18-24 maande vanself. Maar by party mense is vratjies werklik hardnekkig.
Navorsing wys dat vratjies binne twee jaar vanself verdwyn.
Hoe vinnig hulle verdwyn, hang af van jou immuniteit en waar hulle sit.
Soolvratte is berug vir hul hardnekkigheid. Jy kan hulle dus los sodat jou immuunstelsel hulle hanteer – veral as jy vir die eerste keer ’n vratjie kry.
As ’n vratjie langer as twee jaar sit, beveg jou liggaam dit nie suksesvol nie. En onthou, dit is aansteeklik. Jy kan dan vratjies bykry en naderhand met ’n hele paar sit. Ander mense kan van jou aansteek. En waarom bly sukkel as ’n vratjie op ’n lastige plek sit waar hulle pyn veroorsaak, of sommer net ontsierend is?
Die regte naam vir ’n vratjie is ’n verruca vulgaris.
En wat ’n lekker “skuilnaam”!
Verruca klink amper verruklik – baie beter as ’n platvloerse ou vratjie! Hier is nog ’n paar verdoeselname vir vratjies:
Peringuale verruca verwys na vratjies wat teenaan die vingernael groei; plantaar verruca verwys na soolvratte.
Vratjies kom veral op die vingers, hande, voete, elmboë, arms, onderbene en knieë voor. ’n Mens het selde vratjies op die gesig, kopvel of lyf.
Daar is talle opsies maar die gewildste vier is vriesbrand, laserbehandeling, duct tape (nie maskeerband nie – daardie baie sterk plastiekband wat mense in hul motors hou vir noodherstelwerk) en salisielsuur.
Die navorsing oor behandeling van vratjies lewer uiters wisselvallige resultate – wat ’n mens laat verstaan waarom ’n geblaas na die volmaan destyds dikwels genoeg gewerk het sodat dit as raat kon kwalifiseer.
Hier is nou een geval waar tuisterapie beter vaar as ernstiger mediese behandeling, maar die selfdoenresultate is ook nie gewaarborg nie. Maar hier is wat ons kon kry:
Vratjies herhaal dikwels ná al die moeite en koste, en daarby laat dit merke en letsels op die vel. Dit is nooit beter as salisielsuur nie. Ás dit werk, is dit wel ’n vinniger proses.
Dit kan werk – of nie werk nie.
Dit is ook geneig om letsels te laat. Dit sal afhang van waar jou vratjie sit. Verder is laserbehandelde vratjies geneig om te herhaal.
Een klein ondersoek wys dit verwyder 85% van vratjies, terwyl die sukseskoers van ’n ander ondersoek net 16% was. Dit is goedkoop en pynvry genoeg dat ’n mens maar net kan probeer.
Maak so: Sny ’n stuk duct tape wat die vratjie volledig bedek. Los vir 4-7 dae. Verwyder. Was die deel goed met seep. Skuur dit met ’n amarilvyl (emery board) om alle dooie vel te verwyder. Laat dit droog word en plak weer toe. Herhaal tot die vratjie verdwyn – gewoonlik binne 4-6 weke.
Dit is ’n ou maar ongerieflike staatmaker. Kry dit as vloeistof of pleister by jou apteek. Wend dit vir 2-3 maande aan. Met ’n gemiddelde sukseskoers wat dieselfde is as plasebo is navorsers nie
so seker dat dit werklik help nie maar dit was in een ondersoek tog meer suksesvol vir vratte op die hande en voete as vir vratjies op ander dele van die lyf.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.