Die beste planne om skuld tydens Covid-19 en die inperking baas te raak deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock
Jy kan dalk nie werk tydens die inperking nie. Maar dit beteken nie jou skuld staan stil nie.
As jy snags wakker lê oor jou skuld en rekeninge wat nie kan betaal word nie, het Jeanette Marais, adjunk-uitvoerende bestuurder van Momentum Metropolitan Groep, vir jou raad.
Lees ook: Hoe om positief tydens die inperking te bly
Die heel belangrikste ding oor skuld wat jy nou moet weet
Beste raad: Moenie ophou rekeninge betaal sonder om reëlings met instansies te tref nie anders gan jy na die inperking opok met ‘n swak kredietprofiel sit.
Lees ook: Hoe om jou beroep te bevorder tydens die “lockdown”
1. Stel ’n begroting op en hou daarby
Jy het nou tyd. Stel ‘n begroting op. Net 16% van Suid-Afrikanders het ‘n begroting waarby hul hou.
Lees ook: Wat jy nou moet weet oor jou huwelik en finansies
2. Eendag vir ’n reëndag is dalk nou
Kyk na jou spaargeld wat jy sou kon gebruik.
Lees ook: Hoe om beter geld te spaar in moeilike tye
3. Wees realisties oor jou inkomste vir die volgende ruk
Skryf die inkomste neer wat jy weet jy gaan kry tydens die inperking.
Lees ook: Hoe om seker te maak dat jou egskeiding jou nie finansieel platslaan nie
4. Wat is my debietaftrekkings?
Maak lys van al die debietaftrekkings wat maandeliks afgaan.
Lees ook: Alles wat jy nou moet weet oor lewensversekering
5. Wat kan ek stop?
Kyk wat hiervan kan jy stop. Dalk is dit ‘n donasie wat jy maandeliks maak. Of lidmaatskap tot ‘n klub of gimgelde wat jy tydelik kan stop.
Lees ook: Wat doen jy as jou huis afbrand – of wegspoel?
6. Sit jou skuld eerste
Prioritiseer skuld. Paaimente aan jou huis, voertuig, lewensversekering en mediese fonds is noodsaaklikhede.
Lees ook: 15 dinge wat jou help om op jou versekering te spaar
7. Praat met jou versekering
Bel jou motorvesekeraar en vra vir ‘n afslag tydens inperking. Van die groot maatskappye het 15% afslag vir April belowe omdat mense vir vyf weke die minimum gery het en dus die risiko vir ‘n ongeluk baie verminder het.
Lees ook: 10 eienskappe waaroor alle goeie entrepreneurs beskik
Luister hier vir meer hulp met skuld
Luister na ons podsending oor skuld met Jeanette Marais waar sy verduidelik hoe ons nou met ons skuld moet werk.
Klik op die pienk speelknoppie. Dis gratis en jy kan enige tyd daarna luister.