Die beste pa: Kry afslag op Craig Wilkinson se ouerskapkursus deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kry 50% afslag op ’n aanlynouerskapkursus vir vaders. Sien onderaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook die volledige artikel in hierdie maand (Mei 2019) se rooi rose.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar het jy dit; studies onder vaders toon dat hul gelukkiger mense is as hul baie tyd met hul kinders spandeer. Gelukkiger as kinderlose mans en as moeders! Hulle ervaar ook minder konflik en raak minder bedruk.
Maak dus seker dat julle nog voor baba opdaag, gesels oor hoe jul albei deel van die nuwe baba-hoofstuk gaan wees. En moeders, wees geduldig, sê ouerskapkenners, as jy gedurig beter weet of voorskriftelik is, gaan pa net ’n paar keer help en dan ophou.
Lees ook: 5 ankers wat jou kind veilig laat voel
’n Vriendin bieg onlangs dat sy oorbeskermend met haar seuntjie was. “Vandag, 20 jaar later, verstaan ek glad nie hoekom nie, maar sodra my man met hom rowwerig gespeel het, het ek altyd gekeer en gesê: Oppas, jy maak hom seer. Natuurlik het hy na ’n paar keer opgegee en nie meer met hom gespeel nie. Nou is ek jammer, want dit sou soveel vir pa en seun se verhouding beteken het as hul vroeg-vroeg al ’n sterk band gehad het.”
Lees ook: Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig
’n Nuwe ma vertel: ““Ek moes leer om te laat gaan, nie te kritiseer nie en my man toe te laat om op sy eie manier met die baba te help. Daar is baie maniere om die regte ding te doen. Solank baba veilig en gelukkig is, is dit reg.”
Dis nie genoeg om net lief vir jou kinders te wees nie. ’n Pa moet tyd belê en betrokke wees in sy kinders se lewe.
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
Craig Wilkinson, skrywer van twee ouerskapboeke en skepper van die nie-winsgewende organisasie Father a Nation, wil vir mans leer hoeom hul manwees tot voordeel van vroue en kinders in te span en nie tot hul nadeel nie. Hie doen jy dit? Craig gee 50% afslag aan rooi rose-lesers op sy aanlynkursus “The Ultimate Dad”. Gebruik die afslagkoepon: rooirose50
Klik hier om meer uit te vind oor Craig Wilkinson
Klik op hierdie skakel om in te skryf vir die aanlynkursus
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.