kategorieë: KosJy kan

Die beste olies vir bak en brou

Daar is ’n hele smaak- én gesondheidsavontuur in die dosyn of twee nuwe soorte olies en smere op ons winkelrakke. Olies is op die piek van die kruin. Dit is ’n integrale deel van die hoëproteïendieetgier. Party, soos okkerneut- en soja-olie, is van ons min bronne van supergesonde omega-3’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat moet jy weet, veral as jy jou maat gesond wil help bly?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Gebruik olie volgens sy rookpunt

Braai jy (of hy, oor die kole) dat die rook in blou dampe oor jou plate uitslaan? Oeps! Julle vervaardig as ’t ware kankerwekkers net daar by die stoof of braaiplek. Die belangrikste wat ons van rookpunt af moet weet, is dat dit daardie temperatuur is waarby selfs die allergesondste olie afbreek en kankerwekkers vrystel – tipies daardie temperatuur waarby die olie verdonker en rook afgee. Dit is waarom dit so ongesond is om kookolie oor en oor te gebruik, en waarom dit ’n goeie plan is om te loer hoe donker die olie is waarin die vis en skyfies by jou viswinkel gebak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dus:

Vir koue gebruik kan jy enige olie gebruik, soos in pesto, mayonnaise, op broodjies of oor slaai.
Vir bak tot 190 °C kan jy net olies met ’n middelslag- en hoë rookpunt gebruik.
Vir vlambraai, roerbraai, diepbraai en skilferkors moet jy liefs nét olies met ’n hoë rookpunt gebruik. Olies met ’n hoë rookpunt kan dus vir álles gebruik word. Kyk in die kassie regs waarvoor botter, margarien, kanola en sonneblomolie die beste werk. En maak jou reg vir ’n paar lekker verrassings, soos dat olyfolie nié net vir slaai geskik is nie. Jy kan daarmee bak, braai en kook – en lekker met smake en nuwe teksture eksperimenteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Min is in

Van al die soorte kosse het vette die meeste kilojoules – 38 kJ per gram. Kos wat in olie gebak word, absorbeer al daardie kilojoules.  As jy ’n halfkoppie olie vir gebakte aartappels gebruik, sit jy ’n yslike 4 750 kJ by die baksel – die helfte van ’n dag se kilojoules in net een gereg.

3 Sag is reg

Transvette is in die reël hard by kamertemperatuur. Hou by sagte margarien met “transfat free” op die deksel, en al die soorte olies.

4 Kom verder met minder

• Spuit dit uit
Gooi olie in ’n spuitbottel en bespuit jou pan of vleis of aartappels oraloor liggies sodat jy dit in so min moontlik olie braai. Of gebruik hulpmiddels soos Spray ’n Cook.

• Smeer eerder as gooi
Hou ’n kwassie byderhand en smeer jou pan liggies met olie, eerder as om uit die oliebottel te gooi.

• ’n Blink pan die beste?
Gebruik ’n olievrye seramiekpan vir panbraai.

• Weg met die vet
Teen die tyd koop ons natuurlik eerder maer snitte, en sny tuis die vetjies en velletjies af. Maar gestel jy moet vet vleis soos maalvleis gaarmaak?

• Die kookwatertegniek
Gooi ’n bietjie kookwater in die pan of oondskottel en geur dit met kruie soos pietersielie. Kook die vleis daarin sodat die vet uitkook. Laat dit afkoel en skep die vet af.

JY KAN jou olies reg gebruik

Gebruik koud soos vir slaai, pesto, broodjies, mayonnaise, alle olies en smere.

Oondbak tot by 190 °C soos vir koek, quiche en melktert. vermy botter en okker-neutolie. kies eerder sagte margarien, kanola, olyfolie of die hoërookpunt-olies

Oondbak bo 190 °C en vir roerbraai, steaks, gebakte vis en skyfies, pannekoek en frittatas. nét die paar olies met ’n ekstra hoë rookpunt soos olyfolie (net extra virgin) (rookpunt 207 °C), soja (rookpunt 238 °C), sonneblom (225 °C), amandel (216 °C), druifsaad (216 °C) en ghee (252 °C).

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.