kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die beste medisyne vir heesheid of laringitis

Vir die meeste van ons is ons stembande maar net die deeltjie van ons liggaam wat ons toelaat om te praat. Ons sien dit nooit nie en weet beswaarlik waar dit sit. Ons besef beslis nie hoeveel dit vir ons werd is nie … tot die dag dat ons stem weg is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou stembande doen baie meer as net praat

Al ooit gewonder waarom tennispelers kreun wanneer hulle die bal slaan? Een van jou stembande se vreemdste funksies is dié van kragstut.

Wanneer jy jou longe vol lug trek en dan jou stembande sluit (met ander woorde jou lugweg ook) vorm jou longe ’n sterk sak vol lug met jou stembande as die ‘prop’ wat die lugsak toehou. Tennisspelers gebruik dus in effek hul longe as ’n kragstut waarteen hul arms kan werk, met meer krag tot gevolg. Daardie steungeluid wat jy hoor ontstaan wanneer die impak sterk genoeg is om lug deur die speler se geslote stembande te forseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog drie funksies van jou stembande

  • Dit keer dat kos in jou longe beland. As jy sluk, druk hulle die lugweë baie styf toe.
  • Hulle help om mukus (keelslym) af te sluk, deur saam te trek.
  • Wanneer jy moet hoes, sluit hulle die keel sodat net die lugweë oop is, waarna slym uit die longe opwaarts gehoes kan word.

Al is die stembande brose, sagte weefsel van net sowat 5 cm lank is dit ’n ongelooflik kragtige en doeltreffende stukkie meganika.

Lees ook: Vogsproeiers vir sinusitis: ja of nee?

Jy gaan jou stembande egter die meeste mis die dag as jou stem weg is of as jy selfs net hees is. Gelukkig hoef jy nie te lank ellendig te voel nie. Clicks-apteker Anne-Marié Wessels het raad vir ’n lastige laringitis.

“Jou stembande werk die beste as hulle vogtig en soepel is, sodat hulle kan oop- en toemaak en vibreer – die maniere waardeur hulle klanke uitbring.

“Jou stem raak om twee hoofredes weg:

  • jy het ’n post-nasale drup wat veroorsaak dat slym in jou stembande ophoop en dus nie kan sluit nie.
  • jou stembande is geswel weens inflammasie wat algemeen weens ’n virusinfeksie gebeur. Die swelling keer dat jou stembande goed sluit. As ’n bietjie lug kan deurkom, klink jou stem hees of rasperagtig. Hulle kan selfs so opswel dat hulle glad nie kan toemaak nie – die rede waarom jy stemloos is.”

Raad vir as jou stem weg is

“Die eerste beginsel is om jou stem te laat rus. Praat maar vir ’n dag of twee met die hande, of skryf-praat op jou selfoon of met pen en papier.

“Laringitis is meestal nie ernstig nie. Jy kan dus maar jouself tuis dokter. Gee dit kans vir ’n dag of drie.”

Lees ook: Die regte medisyne vir verkoue

Onthou

Laat ’n dokter kyk wat fout is as:

  • jou stem vir langer as ’n week wegbly
  • jy permanent hees is
  • jou keel vir langer as drie weke seer is

Raad vir ’n hees stem

Kry ’n opdroogmiddel vir jou postnasale drup

As jy voel jy het ’n post-nasale drup is ’n opdroogmiddel die beste.

Onthou

  • Party mense kry maklik sinusitis. Hulle gebruik dus ’n slymverdunner wat help dat die sinusse bly dreineer, en so infeksie keer. As jy agterkom dat jy besig is om sinusitis te kry omdat die opdroogmiddel keer dat jou sinusse opdroog, slaan oor na ’n slymverdunner.

Lees ook: Gesonde selfliefde teen verkoue

Kry ’n anti-inflammatoriese middel vir die swelling

Enige van ’n hele aantal anti-inflammatoriese middels verminder swelling. Veral ibuprofien werk goed omdat dit ook pyn en koors verlig en dus ’n seer keel en verkouesimptome in die algemeen verlig.

Onthou

  • Mense met hoë bloeddruk of wat reeds op ander anti-inflammatoriese middels is moet eers by hul apteker uitvind watter selfhelp verkouemiddels geskik is.

Verlig jou seer keel

Suigtablette wat verdowend is neem die pyn gou weg, hoewel net tydelik. Jy kan ook ’n antiseptiese sproei bysit, om jou keelarea te ontsmet.

Onthou

  • Gorrelmiddels kan help om jou keel te ontsmet maar jy is nie hees weens infeksie nie. Jou stem is weg weens inflammasie en/of ’n oormaat slym.

Die een homopatiese middel vir ’n hees stem

Anne-Marié verklap ’n geheimpie waarop menige sangers staatmaak: Homeovox. “Dit werk uitstekend om die stem helder en sterk te hou.”

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

1 hour Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.