Die beste fudge-resepte saamgestel deur Catherine Schenck. Resepte deur Vickie de Beer
1. Sjokoladefudge
Ons deel sommer twee resepte: Maak bruin-en-wit-sjokoladefudge, of sjokoladefudge. Ons sal jou ook nie kwalik neem as jy albei maak nie!
2. Maklike klapper-en-aarbei-fudge
Hierdie smullekker fudge bevat net vier bestanddele.
3. Jou hart se punt-fudge (en bittersoet-sjokoladehartjies)
Hierdie fudge is die lekkerste, vinnigste mikrogolfoond-fudge! Ons het witsjokolade bo-oor gesmelt, maar as jy nie lus is vir tierlantyntjies nie, kan jy dit sommer net so in ’n pan laat set. PLUS ons deel nog ’n resep vir heerlike bittersoet-sjokoladebederf.
4. Witsjokolade-fudge
Hierdie witsjokolade-fudge is iets besonders en smullekker!
5. Churros met ’n sjoko-fudgesous
Smullekker en maklik!