kategorieë: Kos

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 250 g repiesspek
  • 100 g pekanneute
  • 15 ml (1 e) heuning
  • 300 g (500 ml) (2 k) koekmeel
  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • knypie sout
  • 375 ml (1½ k) melk
  • 170 g botter, gesmelt
  • 2 eiers
  • ekstra botter vir die bakslag, gesmelt
  • esdoringstroop (maple syrup) en blou- en swartbessies vir die opdiening

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Verhit die oond tot 200 °C. Pak die spek op ’n bakplaat. Bak vir 10 tot 15 min. tot bros en goudkleurig.
  2. Verhit ’n middelslagpan oor matige hitte. Braai die pekanneute vir 3-5 min. daarin of tot geurig. Voeg die heuning by en braai vir nog 3 min. tot liggies gekaramelliseer. Haal van die hitte af en laat staan vir 5 min. om effens af te koel.
  3. Haal die spek uit die oond en laat vir 5 min. afkoel. Kap die neute en spek ruweg op ’n kapplank, hou eenkant.
  4. Meng die meel, strooisuiker, sout en kitsgis in ’n elektriese menger met die deeghaak aan. Meng die melk, botter en eiers in ’n maatbeker en gooi by die meel. Voeg die spek en karamelneute by. Meng in die masjien tot die deeg glad en elasties is.
  5. Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
  6. Smeer ’n wafelpan aan albei kante met botter, laat die pan op die stoofplaat warm word – of gebruik ’n elektriese wafelpan – en skep 180 ml deeg (afhangend van hoe groot die pan is) daarin en bak vir 3 tot 5 min. aan elke kant, of tot goudkleurig en gaar. Herhaal met die res van die deeg. Sit voor met esdoringstroop en bessies.

Lees ook: Heel gebraaide hoender

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.