Die beste bykosse vir jou braai deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele van CRPhotographic
Dis amper Braaidag! Loer net hier …
Braai jou slaai!
Moenie jou in die kombuis staan en afsloof nie. Braai die slaai buite op die kole en kuier saam.
Maak (1) gebraaide soetrissie-en-tamatieslaai met pesto, (2) geskroeide koolslaai met sesam-slaaisous, (3) geroosterde broccoli-en-prei-slaai met halloumi en (4) geroosterde eiervrugslaai met feta-en-jogurtsous.
Klik hier vir lekkerste resepte
Kos op ’n stokkie
Dis nou groot nuus. Probeer ons nuwe idees vir sosaties.
Maak gerus (1) Oosterse varkneksosaties, (2) Mexikaanse groente-sosaties, (3) satay-garnaal-en-pynappel-sosaties, (4) sampioen-en-parmesan-sosaties.
Nuwe braaibroodjies
Probeer ons nuwe idees en maak die heerlikste braaibroodjies! Dis meer as net kaas-en-tamatie-roosterbroodjies.
Probeer een van hierdie lekker resepte: (1) Maklike Marrokkaanse platbrode met tahini-sous, (2) spek-en-kaas-braairolletjies, (3) knoffelbrood met camembert en groenvye
Poeding oor die kole
Maak sommer ook poeding oor die kole. Wanneer die kole ná die braai begin afkoel, is hulle net reg om vrugte en sjokoladestokbrood te braai.
Maak gerus (1) die fantastiesste geroosterde pynappel, (2) sjokolade-stokbrood, (3) geroosterde perskes en (4) gesoute karamelsous.