kategorieë: DekorLeefstyl

Die bed waarin jy slaap: Hou jou matras skoon

Die bed waarin jy slaap: Hou jou matras skoon deur Elandrè Swart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die meeste mense dink dat as jou bedlinne skoon is, is jou bed reg om in te slaap. Ongelukkig is daar baie meer wat aangaan onder die lakens. Stofmyte is die rede vir baie irritasies wat jy kan ervaar na jou nagrus, soos:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aknee

Puisies verskyn nie sonder rede nie. Hoewel daar heelwat oorsake vir aknee is, sal ’n uitbraak meer algemeen wees as daar oorblyfsels van grimering op jou gesig en kussings is. Doen jouself én jou bed ’n guns deur seker te maak jy is van kop tot toon skoon wanneer jy snags in die bed spring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Gesigwas 101

Ekseem

Vuil lakens teen die vel is nie ’n aangename gevoel nie en jou vel stel jou in kennis dat dit nie daarvan hou nie in die vorm van jou ekseem wat opvlam.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

Allergieë

Allergiese reaksies is die mees algemene “simptome” van stofmyte wat mense ervaar: Gevoelige oë, nies, hoes, asma, seer keel en selfs die opbou van “slaap” in jou oë wanneer jy wakker word, is tekens dat myte hulself tuis gemaak het in jou matras.

Lees ook: Snork is oukei, maar wat van slaapapnee?

Lees ook: Slaap en menopouse

Jou matras

Jou matras is die hoofskuldige vir stofmyte en allergene en baie van ons is geneig om te vergeet dat dit ook skoongemaak moet word.

Maak jou matras só skoon:

  1. Stofsuig jou matras goed, tot elke hoekie en naat van die matras, want dis waar die stofmyte huismaak. Moet ook nie vergeet van die ander kant van jou matras nie!
  2. Hoe jy jou matras skoonmaak, en met watter produkte, sal nie net afhang van die handelsmerk van jou matras nie, maar ook van jou keuse van die produkte wat jy wil gebruik. Enige vlekverwyderaar vir materiale soos Vanish Power O2 Fabric stain remover (beskikbaar by meeste winkels) is ’n goeie produk om te gebruik vir daardie moeilike merke. Wenk: Maak seker jou matras is heeltemal droog voordat jy weer daarop gaan lê!
  3. As jou matras nie meer vars ruik nie, kan jy koeksoda op jou matras gooi en vir 15 minute los. Daarna kan jy dan dit net weer goed stofsuig.
  4. ’n Matrasbeskermende paslaken is ’n goeie manier om nie net jou matras te beskerm nie, maar ook om dit ekstra skoon te hou.

Lees ook: Lekker slaap

Hooffoto: Daria Shevtsova vir Pexels

Jou beddegoed

Beddegoed moet ten minste elke week gewas word in die warmer maande en jy kan tot twee weke wag in die koeler maande, want met die waterkrisis is dit moeilik om ’n bondel beddegoed elke week te was.

Ons beveel aan dat jy jou paslakens weekliks omruil omdat jy direk daarop sweet en al jou dooie velle en ander stof soos dierehare gaan lê op jou lakens. Jou kussingbeskermers moet ook eenmaal ’n week vervang word. Deur jou kussingbeskermer elke week te vervang, raak jy ontslae van al die kieme en sal jy ’n beter nagrus kry.

Hooffoto: Daria Shevtsova vir Pexels

Lees ook: Geur vir jou huis

10 hekelpatrone vir jou slaapkamer

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.