David en Victoria het na 18 jaar se getroude lewe besluit om hul troubeloftes te hernu. Daar was slegs ses gaste by dié private seremonie.
David het aan BBC Radio 4 gesê dat sy huwelik aan die voormalige Spice Girl Victoria Beckham, is vir hom ’n groot prioriteit.
“We’re a strong family unit. We’ve got strong parents. We were brought up with the right values. Of course you make mistakes over the years, and we all know marriage is difficult at times. It’s about working through it.”
Hy het verder gesê die rede waarom hulle nog bymekaar is, is omdat hulle mekaar liefhet en vier wonderlike kinders grootmaak.
Victoria het ook dié foto op haar Instagram-blad gesit waar David en hul kinders baie gelukkig lyk:
rooi rose gesels ook in die Februarie 2017-uitgawe met drie paartjies (insluitend Heinz en Aletté-Johanni Winckler), oor wat die simboliese daad van die hernuwing van troubeloftes vir hulle beteken. Lees die volledige artikel op bl. 40.