kategorieë: Bekendes

Dié Australiese aktrise is beslis elektries!

Margot Robbie laat die polse jaag soos wat sy die Monaco Grand Prix-baan in Nissan se splinternuwe elektriese sportmotor aanpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy is bekend vir haar rolle in The Wolf of Wall Street, Tarzan en onlangs ook as die vurige Harley Quinn in Suicide Squad. Maar Margot is op die oomblik agter die wiel van nóg ’n belangrike rol wat ’n mens se hart behoorlik vinnig laat klop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Suicide Squad is daar ’n gedeelte in die film waar Harley Quinn (Margot) en Die Joker vreeslik vinnig in sy pers Lamborghini jaag. Hier kan jy sien dat sy elke oomblik van die spoed geniet en te lekker uit haar maag lag. Wie weet, dalk het dit Nissan die idee gegee om haar as hul nuwe ambassadeur te gebruik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margot is tans ook die model in die Calvin Klein-advertensie vir hul nuwe parfuum, Deep Euphoria.

In die kort snit wat deur Nissan Electric getwiet is, kan ’n mens sien hoe Margot in die nuwe drie-sitplek BladeGlider-konsepmotor – ’n nuwe elektriese sportmotor wat in minder as vyf sekondes van 0km/u tot ’n 100km/u kan versnel – rondom die Monaco-renbaan jaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is die snit wat Margot op Instagram met haar aanhangers gedeel het:

Nissan sal die nuwe BladeGlider in Maart 2017 by die Geneva Motor Show bekendstel.

In die kort glitzy promosiefilm is Margot geklee in ’n sjiek leerbaadjie, grys skinny jeans en enkellengte stewels. Haar blonde lokke hang los en wild oor haar skouers en sy het haar oë met swart oogomlyner beklemtoon.

“Dit is ’n vreeslik opwindende tye vir elektriese motors,” het Robbie gesê. “Meer mense kies om elektries te gaan wat die pad na ’n meer volhoubare toekoms lei.”

Margot is tans in die Verenigde State besig om aan haar nuwe fliek, Tonya, te werk. Sy gaan die karakter van Tonya Harding speel – die berigte Olimpiese skaatser wat lewenslank van skaats verban is nadat haar eksman iemand gehuur het om Tonya se kompetisie, Nancy Kerrigan, se been te breek.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 hour Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

14 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.