'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Adell-Mári Wolmarans, ’n mediator van Centurion met ’n agtergrond in maatskaplike werk wat in egskeidings- en gesinsmediasie spesialiseer, praat oor kontakregte.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }In Suid-Afrika verwys ons na die persoon by wie die kind woon as die primêre versorger. Die ander ouer kry kontakregte. Dis nie meer so dat die ma vanselfsprekend die primêre ouer is nie. Die hof respekteer ook pa’s se behoefte om meer betrokke te wees as in die geval van die tipiese “elke tweede naweek-pa.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die term “toegang” is deur Kinderwet 38 van 2005 met “kontak” vervang. Volgens die wet verwys kontak na geleentheid vir die ouer om ’n persoonlike verhouding met die kind te handhaaf. As die kind by iemand anders woon, dui kontak op persoonlike kommunikasie op ’n gereelde basis. Dit sluit in dat die kind besoek word, die kind die ouer besoek, of ander vorme van kommunikasie soos die posdiens, telefoon en ook elektroniese kommunikasie soos facebook, twitter, SMS’e en Skype.
Enige persoon wat ’n belang in die sorg, welsyn en ontwikkeling van ’n kind het, kan aansoek doen vir kontak met die kind. Met die toekenning van kontakregte sal die hof die beste belang van die kind, die verhouding tussen die aansoeker en die kind, die graad van verbintenis tot die kind, en die mate waarin die persoon bygedra het tot die kind se finansiële behoeftes in ag neem. Dit geld ook grootouers wat van kontak weerhou word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die aard en omvang van die kontak deur beide ouers word bepaal en ooreengekom in ’n dokument wat ’n ouerskapsplan genoem word. Die ouerskapsplan kan ook deel vorm van die skikkingsooreenkoms by egskeiding. Die wet maak daarvoor voorsiening dat die stem van die kind tydens die mediasieproses in ag geneem word, met inagneming van die kind se ontwikkelingsvlak en ouderdom.
1. Ouderdom en ontwikkelingstadium
Dit word algemeen aanvaar dat hoe jonger ’n kind is, hoe meer kontak – vir korter tye – daar tussen die kind en die nie-primêre versorger moet wees, sover prakties moontlik. Die nie-primêre versorger behoort betrokke te wees by versorgingstakies soos kos gee, bad en speel, met die doel om ’n band met die kind te vestig. Dis veral belangrik gedurende die eerste 36 maande. Ouer kinders kan hul wense en begrip van ’n situasie verbaal uitdruk en sien die ander ouer tipies vir ’n volle naweek of ’n vakansie.
2. Temperament
Party kinders pas makliker by verandering aan. Vir ander kinders (van enige ouderdom) is dit moeiliker – veral wanneer die ouers in verskillende omgewings woon.
3. Konflik tussen ouers
’n Afwesigheid van konflik of lae konflikvlakke maak die betrokkkenheid van die ander ouer en besoeke makliker. In die geval van hoë konflikvlakke behoort die ouers so min as moontlik kontak met mekaar te hê en is ’n meer gedetailleerde, gestruktureerde ouerskapplan nodig.
4. Bestaande ouer-kindverhouding
Die bestaande binding en verhouding tussen die ouer en die kind is baie belangrik. Indien verhoudingsbreuke enigsins geïdentifiseer word, moet die nodige terapie in plek gestel word om die ouer-kindverhouding te herstel en verbeter.
5. Praktiese oorwegings
Hier is faktore soos die afstand tussen die twee huise ter sprake. Die kind se skedule moet ook in ag geneem word om te verseker dat hy of sy met die minste ontwrigting by die kontakreëlings kan inval.
6. Samewerking tussen ouers
As albei ouers begryp dat die kind die liefde en betrokkenheid van twéé ouers nodig het, kan hulle saamwerk pleks daarvan om mekaar te dwarsboom. Optrede en besluitneming in die kind se beste belang is deurslaggewend.
7. Onafgehandelde sake
As een van die ouers onverwerkte emosionele kwessies het, soos verwerping of die teenwoordigheid van ’n derde party, bemoeilik dit sy of haar vermoë om verstandig en neutraal op te tree. Eie seer kan in die pad kom van die besef dat die kind se belange voorop staan.
8. Hantering van verandering
Dit neem kinders tot twee jaar om by nuwe omstandighede aan te pas. As ’n kind sien sy of haar ouers kan die veranderinge emosioneel hanteer, maak dit alles vir die kind makliker. Ouers moet verstaan hoe belangrik dit is om aan te beweeg, met hul lewe voort te gaan, en hul kind emosioneel te ondersteun. Albei ouers behoort vir die kind beskikbaar te wees.
Adell-Mári Wolmarans: 012 661 2447. Besoek ook www.fairdivorce.co.za
Lees ook: Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.