kategorieë: Ons menseBekendes

Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!

Foto’s: Instagram/Mila Guy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klein Karoo BCG Fourie weeg 3,4 kg en is 52 cm lank. So het sy trotse ouers Woensdag op Instagram gesê nadat die aktrise, Mila Guy, aan hul eerste kind geboorte geskenk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die egpaar – wat verlede jaar in Julie aangekondig het dat hulle hul eersteling verwag – se babaseuntjie is op 7 Januarie in die Louis Leipoldt Mediclinic in Bellville, Kaapstad gebore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gelukkige ouers het kort daarna pragtige foto’s saam met hul jongste gesinslid op sosiale media gedeel.

Mila het geskryf: “Hierdie mamma en pappa is bitter trots. Ons is reg vir die volgende avontuur saam met die mannetjie, God se genade en seën en seun is groot.”

In ‘n vorige plasing op Instagram skryf die 32-jarige aktrise dat sy nooit gedink het swangerskap vir haar so lekker sou wees nie, maar dit was “ongelooflik.”

Mila het in September haar ma aan kanker verloor en vertel dat 2024 ‘n geseënde, maar seer jaar was omdat sy swanger met Karoo was en haar ma aan die dood moes afstaan.

“…ek voel die Here het geweet… want Karoo was daar vir elke seer, hy was my comforter, hy het my sterk gehou. Soms verstaan ons nie altyd hoekom dinge gebeur nie, en veral nie dat die gelukkigste tyd ook die seerste tyd van mens se lewe kan wees nie, maar die Here weet en ons moet net altyd vertrou.”

“My ma het my baie geleer en was een van die sterkste mense wat ek ken, Karoo sal weet wie sy ouma is en was. Mag ek ook so goeie mamma vir my seuntjie wees.”

Mila en Bennie is na jare van vriendskap in April 2023 getroud.

Baie geluk aan die nuwe ouers!  

Lees ook: Greteli de Swardt ‘Jubel’ oor tweede kind se koms

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.