Een van die hoogtepunte vir die 1,200 fietsryers was om deur die herehuis op Meerendal te ry (wat nou ’n boetiekhotel is) en daarna af met twee stelle trappe. Dan is daar vanjaar vyf reuse plastieksakke met een en ’n half ton Pinotage-druiwe op die gras neergesit waaroor al die ryers gejaag het om die druiwe te pars.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hiervan sal wyn gemaak word en elkeen van die fietsryers sal Sondag met die afloop van die Cape Epic ’n bottel van die “Big Feet Pressed by Bikes” kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sjoe, wat ’n wonderlike momentum van ’n absolute “Epic” wedren!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die 14de Absa Cape Epic eindig op 30 Maart op Lourenford Wynlandgoed in Somerset Wes en is beslis ’n wedlooop wat die kaf van die koring skei. Waar die 1200 deelnemers baie diep moet spit vir daai laaste greintjie krag om oor sewe dae 718km met ’n totale klim van 14850m baas te raak. En boonop oor van die mees tegniese terrrein denkbaar.
Wenners van dag een:
Mans: Markus Kaufmann en Jochen Kaess (span – Centurion-Vaude)
Vroue: Esther Suss en Sally Bigham (span – Meerendal)
Foto’s geneem deur Bennie Howard.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.