kategorieë: Blogs

Die aandklokke lui in die verte

Teen skemeraand in Kroasië, wanneer die son die laaste hoë wolkies in die lug nog tint, hoor jy dit ver oor berg en dal en deur die valleie – die klank van kerk- en kasteelklokke wat reeds oor honderde jare die ure sekuur aflui waarin geslagte mense gekom en gegaan het. Dit galm eeue ver terug na ‘n tyd toe meestersteenbouers vir konings en landhere gewedywer het om die indrukwekkendste en mooiste kastele en kerke op die hoogste landpunte met verre uitsigte te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nie net was dit die boumeesters en beeldhouers wat saam met skilders vir manjifieke bouwerke gesorg het wat tot vandag nog net verwondering afdwing nie, maar ook die klokmakers wat met ‘n passie vir klokke se heldere suiwer klanke as’t ware hulle siel daarin gegiet het sodat net aan die besondere klank van die klok alleen al gehoor kon word wie die skepper daarvan was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die heel eerste wat dan ook in die verte van stede en dorpe gesien kan word deur die reisiger wat van ver kom, is die kerk- en kasteel uitkyktoring-klokke wat ver bo alle ander geboue uittroon. Wagters van die poorte was hulle wat die volk gewaarsku het as daar gevaar dreig en hulle veiligheid binne die kasteelmure moes kom soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandag lui die klokke van dorp tot dorp en stad tot stad ‘n welkomsgroet aan miljoene toeriste wat van ver kom om die grootsheid van die middeleeuse kultuur en beskawing te kom aanskou en in verwondering oor die treffende daarvan stil te staan – oomblikke waarin hulle probeer begryp hoe die steenhouers die groot bouklippe so sekuur gebytel het dat dit sonder bindmiddel opmekaar gepak kon word om honderde jare later nog net so te lê as toe knap vakmanne dit oorspronklik neergesit het.

Toeriste probeer dalk ook begryp hoe die gewigtige klokke en klokwerk hoog in die torings gekry is, laat staan nog hoe die groot swaar beelde ten laaste op die toppe van die torings geplaas is. Die verbygaan van tyd het hierdie bouprestasies van honderde jare gelede net groter eer aan die vakmanne en boumeesters van die tyd laat toekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vandag is ‘n reis deur Kroasië soos ‘n pelgrimstog deur die eeue. As jy kan hoor wat die reuse klipmure van die kastele jou van die middeleeue wil vertel; as jy die verhaal van mense se lewensontberings en prestasies in begraafplase kan lees; as jy die vissermanne se seeverhale in die ysig koue Bora-wind uit die noordpool kan hoor; as jy die wynkultuur van eeue in top internasionale plaaslike wyne uit die stokou wyngaarde teen die berge kan proe en as jy die waarde van tyd kan waardeer in hierdie wonderlike omgewing wanneer die toringklokke se klanke oor die wye landskap beier – dan sal jy weet dat jy wat maar net ‘n toeris is, besonder bevoorreg was om in die voetstappe te loop van mans en vrouens en kinders wat moeitevol maar met trots die fassinerende Kroasië opgebou het wat ons vandag aanskou.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

23 mins Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

3 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

5 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.