kategorieë: TrendsMode

Die 7 gewildste bykomstighede vir winter 2019

Die 7 gewildste bykomstighede vir winter 2019 deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Country Road

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Slangveldruk

Glibberige velle het hul oomblik op vanjaar se herfs/winter-loopplanke gehad, veral slangvel- en luiperddruk het koning gekraai onder die dierepatrone.

Hierdie tendens was in alle kleure en style te sien – van die natuurlike en werklike kleur tot juweelskakerings – en die goeie nuus is dat dit steeds gewild gaan bly!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die mooiste modedinge onder R500

Enkelstewel (POA) Witchery

2. Booghandvatsels

Die handsak met ’n booghandvatsel word deur ’n stewige struktuur gekenmerk. Die handsak behou sy vorm wanneer jy hom neersit en dis ook makliker om iets daarin te kry.

#rrWenk: Hierdie styl handsakke werk ewe goed by ’n T-hemp en denims as vir ’n deftiger aandjie uit.

Lees ook: Ons top 10 winteritems

Handsakkie (R699) Witchery

3. Groot serpe

Serpe is nie net prakties in die kouer maande nie, maar dit maak ook ’n modestelling!

Die oorgrootserpe is nou weer net so gewild soos die kleiner syserpies. Bind die kleiner serpies om jou kop of handsak vir ’n moderne voorkoms, terwyl ’n snoesige, groot serp knus om jou nek gedraai word.

Lees ook: Die eenstuk, ’n item vir elke seisoen

Serp (R220) Queenspark

4. ’n Gordel uit die tagtigerjare

Moenie vergeet van die jare tagtig se dik middellyf-gordels nie. Bind ’n gordel oor jou truie, rokke, baadjies en jasse, want hierdie winter vereis ’n gedefinieerde middellyf.

Lees ook: Wat het ons gedink? 10 trends wat ons laat kopkrap

Fluweelgordel (R49.99) Mr Price

4. Slouchy-stewels

Staan opsy, perdrystewels. Indien jy die winter daaraan dink om stewels aan te skaf, maak seker dit is ‘n paar afsakstewels. Dit beteken ’n paar ingekrimpte voue en ‘n pyp wat redelik wyd om die been sit. Dra die stewels veral saam met rompe en rokke.

Stewel (R449) Call It Spring

6. ’n Handsak wat laag hang

Skuins oor die lyf, of om die skouers geswaai, die jare sewentig se handsakke met lang skouerbande is met mening terug. Die sewentigerjare se palet van sjokolade- en botterskorsiekleur gaan nêrens heen nie.

Boonop kan hierdie handsakke saam met enigiets gedra word – en dis ook geskik vir die dag en aand.

Handsakkie (R1990) Willow Tree

7. Hoofbedekkings

Jy is nie die winter volledig geklee as jy nie ‘n hoed op jou kop het nie. Jy kan uit hordes style kies – van bucket, fedoras, fascinators (’n gestruktureerde hoed met baie versierings) tot snoods en mussies om ‘n paar te noem.

Wat ook al jou bui, daar is ‘n hoed wat daarby pas.

Mussie (R199) Old Khaki

Verbruikersgids

Witchery

Queenspark

Mr. Price

Call It Spring

Willow Tree Designs

Old Khaki

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

13 mins Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

1 hour Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.