Die 4 ekstras wat elke vegetariër moet hê

Deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sit hierdie planne in plek, en wees seker jy is ‘n supergesonde vegetariër.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vitamien B12 is die belangrikste

Dit is waarskynlik jou grootste probleem want plante verskaf jou nie vitamien B12 nie.  Daarsonder gaan jy op die langtermyn senuweeskade opdoen. Die beste opsie is om elke dag ’n aanvuller te gebruik. Aangesien jy van al die ander vitamiene en minerale meer inkry as die meeste ander mense kan jy maar belê in ’n goeie vitamien B12 aanvuller.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit maak nie eintlik saak wanneer jy jou viamien B12 drink nie, solank jy dit gereeld – elke dag – doen.

Werk so uit of jou vegetariese dieet genoeg kalsium insluit

Ons het almal ’n sterk skelet nodig wat ons vir tagtig of ’n honderd jaar lank sal hou. Daarom moet ons almal seker maak ons kry genoeg kalsium – veral in ons tienerjare wanneer ons regtig ons skelet bou en tydens swangerskap, wanneer ons ons babas se skelet help bou.

In die reël het elkeen van ons ’n 1000mg kalsium per dag nodig, en 1300mg tydens swangerskap en die tienerjare.

As jy elke dag een koppie melk (300mg), een koppie joghurt (450mg) en ’n kwart koppie kaas (60mg) gebruik is jy by sowat 800 mg kalsium. Jy is amper daar, en moet nog net een of twee kalsiumbronne bysit.

Wat van die kalsiumryke groente? Goeie keuses is een koppie arugula (125mg), een koppie broccoli (180mg) en/of een koppie spinasie (240mg).

As jy dit nie doen nie moet jy maar liewer ’n aanvuller gebruik.

  • As jy nie melk, jogurt en kaas eet nie, het jy waarskynlik aanvulling van 500 – 1000mg per dag nodig.
  • As jy wel melk, kaas en jogurt eet is een met sowat 200-300 mg kalsium oorgenoeg.

Is daar genoeg yster in jou vegetariese dieet?

Vegetariërs en vegans het amper dubbeld soveel yster nodig as mense wat vleis eet, aangesien die yster in plantkos nie so maklik opgeneem word nie.

Kry jou yster reg met gewone groentes soos spinasie, aartappels, beet en een of meer soorte bone en erte.

Sit ’n handvol rosyne by vir ’n soethappie met ’n ystervuis.

Yster word beter opgeneem as jy ’n bietjie vitamien C daarmee saam eet.

Wanneer eet jy vars vir jou vitamien C?

Jy sou dink vegetariërs kry vanselfsprekend genoeg vitamien C omdat hulle hope vars vrugte en groente eet. Maar met al die klaargaar vegetariese disse wat beskikbaar is gebeur dit maklik dat mens eintlik min vars groente en vrugte eet – veral in die winter wanneer slaai nie op die spyskaart is nie.

Eet dus elke dag  ’n vars in-seisoen vrug of groente of twee. Dink aan al die lekker opsies, soos

  • ’n glas vars-uitgedrukte lemoensap,
  • kiwi’s en aarbeie vir nagereg,
  • vars tamaties en basilieblare op jou pasta of koeskoes
  • gekapte rou soetrissies oor jou gaar botterskorsie of pizza,
  • gekapte vars pietersielie oor jou eier,
  • ‘n paar vars soet basilieblare op jou werkstoebroodjie
  • koejawel by jou jogurt.

(Wenk As jy klaargaar disse koop, koop ook ‘n bietjie vars pietersielie, tamatie of soetrissies, om by te sit.)

Lees ook: Help! My kind is vegetaries

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.