Die 3 mooiste herfskranse en versierings wat jy vir Paasfees moet maak

Die 3 mooiste herfskranse en versierings wat jy vir Paasfees moet maak deur René Slee*

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Paaskranse

Die 3 mooiste herfskranse wat jy vir Paasfees moet maak

Maak so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Druk goed deurweekte, groot oasisringe vol verkleurde wingerdblare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vul die ringe op met malvablare (vir hul geur en vorm), Viburnum-blare (vir hul helder groen kleur en spitsvormige blare), groen krismisrose (vir die lemmetjiegroen kleur) en alle bessies waarop jy jou hande kan lê.

Hier is druiwetrossies, blomappels (Malus), Pyracantha en Viburnum-bessies en kwepers gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Soorgelyke effek kan verkry word deur die verkleurde blare van Liquidambar, Acer palmatum (Japanse esdoring), naaldeik en populierbome as basis te gebruik.

Die krans kan verder opgevul word met Ilexblare (huls), Myrtus communis (Engelse mirt), Leucadendron, kamelia, konifere, sipresse, en varings.

Vir bessies: Crataegus, Cotoneaster, koemkwats, noem-noems en dadelpalms.

Lees ook: Die 10 lekkerste Paasfees-resepte wat jy nou moet bak

Paaseierkrans

Die 3 mooiste herfskranse wat jy vir Paasfees moet maak

Maak so

Behang ’n krans met sjokolade-eiers en geverfde hoendereiers om die Paaseierjag af te rond. Maak ’n gaatjie aan albei kante van die hoendereiers en blaas die binnekant uit. Laat jou kinders die eiers verf en versier.

Bind vislyn stewig aan ’n kort stokkie vas. Steek die stokkie in die eier in en draai dit dwars sodat die eier daaraan hang. Die sjokolade-eiers word op dieselfde manier opgehang.

Ryg stringe klein klokkievormige blomme soos die individuele blommetjies van agapante en frangipani aan vislyn en hang ritse daarvan tussen die eiers.

Lees ook: Die heerlikste Paasfees-spyskaart

Paaskruise

Die 3 mooiste herfskranse wat jy vir Paasfees moet maak

’n Verskeidenheid Paaskruise teen ’n verweerde tuinmuur word deur twee sementengeltjies opgepas.

Lees ook: Die 3 mooiste tafeldek-idees vir Paasfees

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

20 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

20 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.